Leesvordering:

Vlugtelingstatus nie ’n maklike skuiwergat nie

Jul 19, 2017

AfriForum ontvang gereeld navrae oor vlugtelingstatus omdat mense al meer onveilig voel. Die burgerregte-organisasie voel sterk daaroor dat Afrikaners – wat geen ander tuiste ken nie – sinvol as Afrikaners, en in vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe, blywend vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. Al voel jy dus bekommerd oor die toekoms, raai ons jou ten sterkste af om elders vlugtelingstatus te probeer verkry.  

Vlugtelingstatus is ’n baie beperkende status en beslis nie bloot ’n maklike manier om te emigreer nie. Vlugtelinge geniet minder regte in ’n gasheerland as immigrante, en hulle mag in die meeste lande byvoorbeeld nie woon of werk waar hulle wil nie. Hulle mag ook nie die landsgrense oorsteek nie en verloor ook gewoonlik hul vlugtelingstatus as hulle uit eie wil na hul herkomsland sou terugkeer. Die gasheerland het ook die reg om te eniger tyd te besluit dat die gevaar in die herkomsland nou minder is en die vlugteling dan opdrag gee om terug te keer. Dis dus ’n status sonder waarborg of langtermynsekerheid. As ’n mens boonop een keer ’n vlugteling was of om vlugtelingstatus probeer aansoek doen het, sal jy internasionaal ook moeiliker ’n visum kry omdat jy as risikogeval beskou word wat moontlik ’n onwettige immigrant kan word.

Mense wat besluit om te emigreer, word dus aangemoedig om liewer die wettige kanale te volg – die “kortpad” na vlugtelingstatus is baie gevaarlik.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest