Leesvordering:

Jo Black vir SLEGS EEN AAND in Amsterdam te sien 

Mei 28, 2023

Op eie bodem is die bebaarde sanger Jo Black bekend vir sy positiewe, opbouende musiek en die boodskap van hoop wat hy landwyd uitdra. 

Dié gewilde rasperstemsanger, wat ook as televisieaanbieder en beskermheer van sy eie liefdadigheidsorganisasie optree, bring ook binnekort inspirerende musiek en stories van hoop na internasionale gehore.  

Jo is slegs vir een aand op Saterdag 15 Julie te sien op die verhoog van die gesogte Theater Amsterdam

Dit is die eerste keer wat Jo sy treffers soos Bring die hoop weer terug, Skepe en Voel jy die genade na konsertgangers in dié Nederlandse hoofstad bring. 

Die eksklusiewe konsert, HOOP IN AFRIKAANS, gaan die talentvolle sanger en liedjieskrywer se musiekvernuf ten toon stel en bewys waarom hy een van Suid-Afrika se grootse musieksterre is. 

Die konsert in Amsterdam vorm deel van die Europese been van Jo se internasionale toer, waar hy ook na Londen en Skotland in die Verenigde Koninkryk gaan reis vir konserte. 

“Ek kan nie wag om my tasse te pak en my boodskap van hoop in die buiteland te deel nie,” sê Jo. 

“Ek hoop Europa en Brittanje is gereed, want ek is slaggereed om almal te ontmoet. Ek is geseënd met die geleentheid om voor ’n internasionale gehoor op te tree en ek sien uit daarna om in die buiteland te kuier.” 

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaar wat ook deesdae in Nederland wooanagtig is, Dewald Wasserfall, maak ook weer sy buiging op die verhoog as hy by Jo gaan aansluit vir dié konsert.  

Treffers soos Sewentien, Eendag As Groot is en Jy is die Storm het dié kunstenaar een van die gesogte talente in Suid-Afrika gemaak. 

Jo se konsert in Amsterdam volg op ’n dié van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se suksesvolle vertonings in die Theater Amsterdam. 

Demi Lee Moore het in September 2022 ‘n uiters suksesvolle konsert gehad in dié gewilde wêreldstad, waar derduisende Suid-Afrikaners tans ook ’n heenkome vind.  

Nataniël was vroeër in Mei in die Theater Amsterdam in aksie en dié vertoning was uitverkoop – weereens net ’n bewys hoe goed hierdie konserte verwelkom word. 

Dit is die derde konsert wat deur The Marketing Zoo georganiseer word. “Ons is baie trots op die konserte. Ons is ’n internasionale bemarkingsmaatskappy, maar ons harte lê steeds by ons mense in Suid-Afrika,” sê Wian Smith-Venter, uitvoerende hoof van The Marketing Zoo, wat ook deesdae woonagtig is in Nederland. 

“Daarom het ons besluit om van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars na ons mense in Nederland te bring, en waar beter om konsert te hou as in die gesogte en toeganklike Theater Amsterdam?  

“Die afgelope twee konserte se kaartjies het soos soetkoek verkoop, dus raai ons mense aan om te spring sodra die kaartjieverkope oop maak om teleurstelling te voorkom. Eerste kaartjies sal weer teen ’n spesiale tarief bekom kan word.” 

Nog ’n groot Suid-Afrikaanse naam of twee sal in September in Amsterdam op die planke te sien wees vir ñ unieke konsep, vir nou is dit nog ’n verrassing. 

HOOP IN AFRIKAANS deur Jo Black is 90 minute lank en beloof om presies te doen waarvoor dit staan. “Ek het altyd hoop nodig en daarom weet ek mense het ook” voeg Jo by.  

Koop jou kaartjies vir die konsert in Nederland hier op EventBrite.com.  

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest