Leesvordering:

Natuurhoekie – Flaminke

Okt 6, 2023

Deur Alana Bailey

Suid-Afrika is een van die lande wat gelukkig genoeg is om flaminkbevolkings te hê. Die bekendste broeikolonie kan gevind word by Kimberley se Kamfersdam. Dit is een van slegs vier broeikolonies in Afrika. Getalle wissel van 20 000 tot selfs 50 000 voëls! ’n Groep word ook net buite Stellenbosch aangetref. Wêreldwyd kom daar ses verskillende flaminkspesies voor.

Die naam flamink kom van die Spaanse woord flamengo, wat vlamkleurig beteken. Die kleur van hulle vere word deur hulle dieet bepaal. Hulle eet met hulle bekke onderstebo en beide geslagte produseer ’n spesiale vloeistof genaamd kropmelk in hul spysverteringskanaal waarmee hulle hulle kuikens voer. Flaminke is redelik groot, maar baie lig in gewig. Volwasse voëls weeg maar tussen 1.2 en 2.7 kilogram. Die rede waarom hulle op een been staan is nie om te rus nie, maar om liggaamshitte te bespaar.

Een eier word op ’n keer gelê op ’n nes wat hulle van modder bou. Na die kuikens uitgebroei het, sluit hulle aan by sogenaamde kleuterskole wat deur enkele volwasse georganiseer word. Die volwassenes lei hulle dan kilometers ver te voet na vars water. Ongelukkig is die flaminke wat in Suid-Afrika aangetref word (Phoeniconaias minor) ’n bedreigde spesie.

Foto: kyaw-tun-unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest