Leesvordering:

Natuurhoekie – Nuwe pelargoniumspesie ontdek

Nov 17, 2023

Deur Alana Bailey

Dit gebeur nie elke dag dat ’n nuwe dier- of plantspesie ontdek word nie. In Suid-Afrika met ons groot verskeidenheid fauna en flora, is dit egter nie ongekend dat so ’n ontdekking aangekondig word nie.

Vandeesmaand was weer die geval toe bekendgemaak is dat Pieter van Wyk, die kurator van die |Ai-|Ais/Richtersveld-oorgrenspark se Woestyn Botaniese Tuin en Kwekery so ’n nuwe plantspesie in die park gevind het.

Hierdie Pelargonium-plant word gekenmerk deur besondere groot wit blomme met rooi-pers aartjies op die blomblare. Dit is, soos alle pelargoniums, ’n meerjarige plant wat hitte- en droogtebestand is en daarom die Richtersveld se uiterse klimaatsomstandighede kan oorleef.

Steggies is ingesamel sodat plantjies vir bewaringsdoeleindes by die park se kwekery gekweek kan word.

Dit is nie Van Wyk se eerste ontdekking van die aard nie. In 2020 het hy byvoorbeeld ook daar ’n nuwe lid van die sonneblomfamilie ontdek – dit was die een-en-twintigste nuwe spesie wat danksy sy kennis en navorsing bekend geraak het.

In ’n onderhoud is hy gevra hoe dit gebeur het en sy beskeie antwoord was dat dit geluk is, hoewel jou kanse toeneem om gelukkig te wees as jy ’n gebied so goed ken soos wat hy die park en Richtersveld ken, en soveel tyd daar deurbring.

Van Wyk is ’n merkwaardige man. Hy het ’n groot deel van sy vroeë jeug by sy ouma deurgebring op ’n plaas naby Alexanderbaai. Sy het haar liefde vir dié omgewing en sy natuurskatte aan hom oorgedra. Wanneer hy nie skoolgegaan het nie, het hy dit geniet om alleen in die veld te wees. Na skool het hy drie jaar lank as sendeling in Angola kinders onderrig wat in landmynongelukke vermink is. Daar het hy Portugees leer praat en die plaaslike fauna en flora bestudeer. Na sy terugkeer na Suid-Afrika het hy by die park begin werk.

In ’n artikel wat in 2020 oor hom op die webtuiste van die Veldgidsevereniging van Suider-Afrika (https://www.fgasa.co.za/fgasa-guide-discovers-new-plant-in-ai-ais) verskyn het, word genoem dat sy werk onder meer bestaan daaruit om patrollies in die park te doen; die kwekery te bedryf; Namakultuur te bevorder en toeriste, skoolgroepe en studente wat die park besoek, te begelei. Hy was destyds besig met sy meestersgraadstudies in plantkunde aan die Universiteit van Berlyn. Vroeër vanjaar is hy as een van drie internasionale wenners van die gesogte Future For Nature-toekenning aangewys.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Ons vra nie spesiale behandeling nie, ons vra net gelyke behandeling – AfriForum Nagenoeg een moord per week het gedurende 2023 op Suid-Afrikaanse plase afgespeel in die 296 plaasaanvalle wat gedurende dié tyd plaasgevind het. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse regering...

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest