Leesvordering:

Putten – Alana Bailey

Nov 18, 2016

Putten is ‘n dorp in die provinsie Gelderland, rofweg in die middel van Nederland geleë.   Volgens Wikipedia het dit in 2014 ‘n bevolking van 24,148 gehad.  Dit word deur boerderye omring.

Een van die hotelle in die omgewing is die Best Western Premier Kasteel De Vanenburg.  Aan die begin van November 2016 het ek ‘n konferensie wat daar aangebied is, gaan bywoon. 

Die hotel het ‘n interessante geskiedenis.  Die eerste keer wat die naam Vaenenborch voorkom, is in kloosterargiewe van 1389. In dié tyd het die landgoed en kasteel veral op boerdery gefokus – die kasteel is bewoon en daar is aktief geboer.  Teen die tweede helfte van die 17de eeu het dit ’n landgoed geword wat eerder vir ontspanningsdoeleindes deur die eienaars gebruik is, hoewel daar steeds op klein skaal geboer is.  Die “kasteel” is in 1868 herbou.  Daarna het dit verskeie eienaars en gebruike gehad … onder meer as vakansiekolonie en opleidingskool. Deur verval en modernisering het dit byna tot niet gegaan, maar in 1996 het die hotelgroep tot die redding daarvan gekom, en dit tot die voormalige glorie gerestoureer.  Vandag is dit ’n gewilde plek vir die aanbied van spanbouprogramme, konferensies en natuurlik ook huwelike.  Glo my, dit is ’n baie romantiese plek!  Die landgoed van 55 hektaar word omring deur pragtige tuine.  Daar is ook interessante eksotiese bome van alle kontinente wat hier aangeplant is en goed gemerk is vir mense wat in dendrologie belangstel.

Dit is ’n belewenis om die omgewing in herfskleure te beleef, jy kan nie besluit wat om eerste af te neem nie!  ’n Besoek aan Putten en Kasteel De Vanenburg word beslis aanbeveel.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest