Leesvordering:

Europa-toer: Denemarke – Phillip Grobler

Nov 24, 2016

Die eerste stop op ons Europese toer was Denemarke. Die plek is regtig ongelooflik! Dit is skoon, die lug is vars en alles werk! Die eerste ruk het ons by ons vriend se gesin gebly. Dit was heerlik en ons het die platteland baie geniet. Gedurende die laaste deel van die toer het ons Kopenhagen besoek en twee dae daar gebly. Op pad na die hoofstad met die trein het ons is skilderagtige landskappe gesien. Dis ʼn besige stad en ons het geloop tot ons voete “hokaaaaai” gesê het. Ons hotel was baie klein en ons het verby mekaar geskuur om by die badkamer uit te kom. Maar ons het net een nag daar geslaap, so ons kon dit oorleef. In Kopenhagen het ons op ʼn “hop-on, hop-off”-bustoer gegaan. Dit is regtig goeie waarde vir jou geld; jy kan selfs gratis op die kanaal vaar.

Jy sal ʼn Afrika-dame op ʼn paar van my foto’s sien. Sy was die amptelike Suid-Afrikaanse ambassadeur op ons toer. Ek het probeer om foto’s van haar te neem voor al die belangrikste toerisme-attraksies, maar soms het ek so in vervoering geraak dat ek heeltemal van haar vergeet het.

Nog ʼn hoogtepunt van die toer was Legoland. Dis ongelooflik indrukwekkende om te sien wat hulle alles van Lego kan maak. Ons het die hele dag daar deurgebring, maar die reën het ons ʼn paar keer onkant betrap. Almal het geskarrel om ponchos te koop en die winkeleienaars het ʼn fortuin gemaak uit al die deelnemers wat soos natgereënde hoenders gelyk het. Maar dit was nogtans ʼn lekker dag en ons het soos kinders in ʼn Lego-winkel gevoel.

Die Deense kookkuns is uit die boonste rakke. Geen dieet sal kan standhou teen die heerlike kos wat hulle eet nie. Al die fyngebak en varktjops sit nog steeds in ʼn vetrolletjie net onder my lewer. Die bier is heerlik en gaan uitstekend saam met die meeste kos.

Die eerste vier foto’s hier onder is geneem by die Søndervig Sand Sculpture-fees. Vanjaar se tema was Afrika-natuurlewe. Dit was ekstra spesiaal omdat ons uit Afrika kom en dadelik tuis gevoel het tussen die wilde diere.

Volgende keer wys ek ʼn paar foto’s van ons volgende bestemming: Duitsland.

Veilig reis!
Phillip

Besoek www.saffatravels.com om meer van Phillip se blogs en pragtige foto’s te sien.

 

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest