Leesvordering:

Gemeenskappe moet eiendom sélf beskerm; AfriForum versprei blitsgids

Mar 8, 2018

AfriForum doen ’n beroep op grondeienaars om sélf hul eiendom teen onwettige besetting te beskerm deur by gemeenskapstrukture in te skakel. In hierdie verband versprei die burgerregte-organisasie ’n blitsgids wat mense kan raadpleeg om hul eiendom in geval van onwettige besetting te beskerm.

“Die blitsgids is veral van pas gegewe die huidige politieke klimaat in die land, asook die eiendomsvraagstuk wat tans onsekerheid in baie dele van die samelewing teweegbring. Zimbabwe is ons voorland as gemeenskappe nie sélf organiseer en binne die bestaande raamwerk van die reg optree om weerstand te bied teen die poging om hulle van hul swaarverdiende eiendom te ontneem nie,” sê Ian Cameron, AfriForum se veiligheidshoof.

Cameron meen dat goed georganiseerde gemeenskapveiligheidstrukture soos plaas- en buurtwagstelsels nie net help om misdaad te bekamp nie, maar ook om politieke misdrywe te bekamp en voorkom.

“Grondeienaars het regte wat hul nie summier deur politieke retoriek ontneem kan word nie. Mense kan hul eiendom beskerm deur regsaksies in te stel waar grond beset word, maar veral deur proaktief op te tree om besetting te voorkom.”

Cameron verduidelik dat siviele sake teen persone aanhangig gemaak moet word wanneer diesulkes leefstrukture onwettig oprig en besetters onversteurde verblyf geniet.

“In die geval waar besetters egter daarvan bewus is dat hulle die grond onwettig betree, mag die strukture afgebreek word, mits daar vanuit die staanspoor ’n betredingsaak by die SAPD aanhangig gemaak is. Die SAPD móét egter ten alle tye ooreenkomstig die betredingswet optree. Wees dus paraat en meld enige onwettige betreders op jou grond dadelik by die SAPD aan. Voorkoming is beter as genesing.”

Proaktiewe oplossings wat in dié handleiding bespreek word, sluit in paraatheid, inskakeling by plaas- of buurtwagte, toesighouding, en okkupasie- en toegangsbeheer. Die wettige verwydering van onwettige strukture (bewoon of onbewoon) word ook in dié handleiding bespreek.

Lede van die publiek kan die blitsgids bekom deur op die volgende skakel te klik: https://www.afriforum.co.za/wp-content/uploads/Grondgrype_A4_Afr.pdf.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest