Leesvordering:

Seisoenwerkerloodsskema goeie nuus vir Suid-Afrikaners!

Sep 27, 2018

Die komende Brexit – die Verenigde Koninkryk se uittrede uit die Europese Unie – hou vir Suid-Afrikaners wat in die Verenigde Koninkryk wil woon en werk belowende vooruitsigte in. Dit is vroeër in September 2018 vir semigeskoolde werkers bevestig toe die Britse regering ‘n twee jaar lange loodsskema vir seisoenwerkers aangekondig het.

Die doel met die seisoenwerkerskema is om die ernstige arbeidstekort in die Britse landbousektor tydens spitsproduksietye te verlig. Dié arbeidstekort sal na verwagting vererger wanneer die VK die EU verlaat.

Die loodsskema sal eers in die Britse lente van 2019 afskop en tot Desember 2020 duur. Die goeie nuus is egter dat Britse landbouvakbonde die nuwe loodsskema via die Britse media verwelkom het, en reeds van mening is dat die skema nie naastenby ambisieus genoeg is nie. Landbouvakbonde sê meer werkers is nodig op Britse plase. Die Britse regering sê hulle sal eers die resultate van die loodsskema bestudeer en daarna die Britse landboubedryf se langtermynbehoeftes bepaal.

Breytenbachs is optimisties dat dit nog meer goeie vooruitsigte inhou vir Suid-Afrikaners wat op soek is na sulke geleenthede.

Hoe die loodsskema vir seisoenwerkers sal werk

Die loodsskema vir seisoenwerkers sal beskikbaar wees vir werkers van buite die Europese Unie. Suid-Afrikaners kwalifiseer dus om aansoek te doen. Aansoekers moet ten minste 18 jaar oud wees.

Die skema is beperk tot 2 500 werkers per jaar, en die visumhouer mag tot ses maande lank seisoenale werk op Britse plase doen.

Die loodsskema vir seisoenwerkers sal bestuur word deur twee skemabestuurders wat oor die plasing van die werkers sal toesig hou. Daar is nog nie aangekondig wie dié bestuurders sal wees nie.

Ongelukkig het Breytenbachs Immigration Consultants nog geen verdere besonderhede beskikbaar nie, maar ons sal lesers en kliënte wat in hierdie skema belangstel op sosiale media en in ons nuusbriewe inlig oor enige nuwe verwikkelinge.

 

Besoek gerus ons webwerf by www.bic-immigration.com vir nog nuus.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest