Leesvordering:

Konstitusionele Hof lewer uitspraak oor houers van ’n tydelike asielsoekerspermit wat hul status wil verander

Okt 17, 2018

Op Dinsdag, 9 Oktober 2018 het die hoogste hof van Suid-Afrika – die Konstitusionele Hof – beslis dat asielsoekers en vlugtelinge wat in besit is van ’n tydelike asielsoekerspermit kragtens die Immigrasiewet mag aansoek doen vir ’n gewone visum of vir ’n tydelike of permanente verblyfpermit.

’n Paar jaar gelede het die direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake ’n departementele direktief genaamd die Dabone-direktief uitgereik wat dit vir asielsoekers en vlugtelinge in besit van ’n tydelike asielsoekerspermit moontlik gemaak het om ingevolge die Immigrasiewet aansoek te doen vir ’n visum. Dit het beteken aansoekers moes kwalifiseer vir tydelike of permanente verblyf, maar hulle het nie nodig gehad om afstand te doen van hulle status as asielsoeker of vlugteling nie.

Ingevolge ’n daaropvolgende uitspraak van die direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake is die Dabone-direktief teruggetrek en is ’n einde aan hierdie proses gemaak. ’n Reeks hofaansoeke in die Wes-Kaapse hoë hof het daarop gevolg. Dit het uitgeloop op ’n aansoek om appèl by die hoogste hof van appèl. Gedurende daardie proses het veranderinge wipplank gery. Aanvanklik is appèl teen die oorspronklike, suksesvolle hofaansoek in die Wes-Kaapse hoë hof toegestaan en sodoende is die status quo gehandhaaf.

Die direkteur-generaal en minister van binnelandse sake het toe appèl by die hoogste hof van appèl aangeteken teen daardie uitspraak. Die hoogste hof van appèl het die hof a quo bevestig, met ander woorde die Wes-Kaapse hoë hof se besluit om die Dabone-direktief te handhaaf is bevestig.

Daar is slegs een hoër vlak vir appèl in die Suid-Afrikaanse reg, en dit is om die Konstitusionele Hof te nader oor sulke aangeleenthede wat grondwetlike implikasies het.

Die huidige uitspraak is dus die laaste oor hierdie onderwerp. 

Wat beteken hierdie “nuwe” bedeling vir jou as jy tans in besit van ’n tydelike asielsoekerspermit is?

As jy vir tydelike of permanente verblyf kwalifiseer, kan jy nou daarvoor aansoek doen. Daar kan ’n kort tydsverloop wees tussen die hofbevel en die implementering van daardie bevel, maar die uitspraak van die Konstitusionele Hof het die deur vir jou oopgemaak.

As jy dus die houer van ’n tydelike asielsoekerspermit is wat deurlopend betyds hernu is, stel ons voor dat jy ons kantoor dringend kontak sodat ons kan ondersoek instel na die moontlikheid dat jy jou status kan verander sonder om jou huidige status te benadeel. Kontak ons asseblief per e-pos by enquiries@immigration.org.sa en skryf “Asielsoeker/vlugteling – verandering van status” in die onderwerpreël.

Moet asseblief nie huiwer om ons kantoor te kontak as jy verdere navrae het nie.

Julian Pokroy

Immigrasie- en burgerskapprokureur

Meer oor die outeur

Julian Pokroy

Julian Pokroy Prokureurs: Spesialis in wetgewing oor immigrasie, burgerskap en vlugtelingskap.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest