Leesvordering:

Internetvondse vir Oktober

Okt 17, 2018

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids is trots Suid-Afrikaans en het ten doel om Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon te help om sommer vinnig tuis te voel in ’n vreemde land. Ons vertel jou waar om enigiets Suid-Afrikaans op te spoor, van winkels wat eg Suid-Afrikaanse produkte verkoop tot dokters wat Afrikaans praat en selfs Afrikaanse kerkdienste in jou omgewing.

Hiermee Oktober se internetvondse.

Silky Oak Chiropractic

As chiropraktisyn help ek mense se liggame om beter te funksioneer en leer ek mense om ’n gesonder leefstyl te handhaaf. As spreker versprei ek idees wat mense se ingesteldheid oor gesondheid en gifstowwe verander.

Ek glo elke mens verdien persoonlike sorg, of dit nou vir jouself of jou kinders is, vir jou personeel of ’n sportman wat ’n voorsprong wil hê. Ek het ’n pasiëntgesentreerde benadering en fokus op jou doelwitte vir jou gesondheid en welstand.

Layla’s Kitchen

“Ek kan nie kook nie,” het Layla altyd gesê. Tot sy haar passie vir Suid-Afrikaanse kos ontdek het. Die resepte en tegnieke wat sy by haar ma geleer het, het haar gehelp om nader aan haar Suid-Afrikaanse erfenis te voel. Sommer gou-gou kon sy in ’n oogwink ’n melktert en selfs bobotie optower.

Sasi’s

Sasi’s is ’n Suid-Afrikaanse restaurant in Melissia, Griekeland.

BeauTea 4 All

Ons verhuur pragtige koekstaanders, antieke breekware en unieke dekorstukke. Perfek vir enige teeparty.

Bokkie’s Biltong

Ons is ’n plaaslik gelisensieerde slaghuis en vleisverwerkingsaanleg in Barrie, Ontario. OMAFRA inspekteer ons weekliks. Ons spesialiseer in beesbiltong (gemaak volgens ’n Suid-Afrikaanse resep van grasgevoerde beesvleis), wildsvleis, fynproewerkase en plaasvars plaaslike Ontario-vleis!

Inelda Freight

Ons is hier om jou by te staan met al jou in- en uitvoer behoeftes.

Verken die gids hier of voeg jou eie onderneming gratis by. Ondersteun jou landgenote en netwerk met ander Suid-Afrikaners in jou omgewing.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest