Leesvordering:

AfriForum verkla Ramaphosa, Sisulu by VN vir die verdagmaking van die organisasie se pogings om burgerregte te beskerm  

Jan 21, 2020

AfriForum het vandag ’n formele klag by die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die situasie van menseregteverdedigers ingedien teen president Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu (in haar kapasiteit as die voormalige minister van internasionale betrekkinge en samewerking) weens hul pogings om AfriForum as menseregteverdediger te diskrediteer en sodoende die werk te verydel wat dié organisasie verrig om mense- en burgerregte in Suid-Afrika te bevorder.

Dít volg op Ramaphosa se uitlatings oor plaasmoorde en grondgrype in September 2018 tydens ’n besoek aan die VSA. Die klag is gemik op Ramaphosa se reaksie op VSA-president Donald Trump se twiet in Augustus 2018 dat Trump sy minister van buitelandse sake opdrag gegee het om ondersoek na grondgrype en plaasmoorde in Suid-Afrika in te stel. In reaksie op die twiet het Ramaphosa in ’n onderhoud met Bloomberg (’n internasionale nuuskanaal) gesê dat Trump mislei is oor die situasie in Suid-Afrika. Hy het gesê: “There are no killings of farmers, or white farmers in South Africa. There is no land grab in South Africa.”

Ramaphosa se uitlatings het gevolg ná AfriForum se besoek aan die VSA in Mei 2018 om bewustheid te skep oor die Suid-Afrikaanse regering se beleid van onteiening sonder vergoeding (en die gepaardgaande grondgrype), asook vir plaasaanvalle. Kort ná AfriForum se besoek het die destydse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Lindiwe Sisulu, op AfriForum se skakeltoer na die VSA gereageer deur die VSA-president en AfriForum daarvan te beskuldig dat hulle “blatante leuens” en “valse inligting” oor Suid-Afrika versprei.

AfriForum versoek in sy klag dat die spesiale rapporteur –

  • ’n onderneming van Ramaphosa en die Suid-Afrikaanse regering verkry dat dit AfriForum doeltreffend as menseregteverdediger sal beskerm;
  • Ramaphosa en die Suid-Afrikaanse regering verantwoordbaar sal hou vir hul beweerde pogings om AfriForum te diskrediteer in die organisasie se poging om internasionale bewusmaking te doen oor growwe menseregteskendings, veral teen minderhede in Suid-Afrika; en
  • Versoek dat Ramaphosa en Sisulu hul uitlatings op ’n internasionale platform terugtrek.

“Plaasmoorde, die onteiening van eiendom sonder vergoeding en grondgrype is baie ernstige kwessies waardeur menseregte reeds geskend is en ten opsigte waarvan nog baie mense se regte geskend sal word as dié tendense nie stopgesit word nie. Die eerste stap om dié krisisse te begin oplos, is om die bestaan daarvan te erken. Dit is uiters kommerwekkend dat die Suid-Afrikaanse regering hierdie kwessies plaaslik ignoreer, maar dit is onaanvaarbaar dat die president die bestaan van die krisis geheel en al in die internasionale sfeer ontken. Die poging van die president se woordvoerders om die betekenis van sy uitspraak ná sy terugkeer na Suid-Afrika te kontekstualiseer, het niks gedoen om die skade te herstel wat internasionaal aangerig is nie,” sê Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie.

AfriForum beskou plaasmoorde en grondgrype as ernstige menseregteskendings wat volgens Roets veroordeel moet word deur alle hoofstroomrolspelers en regerings wêreldwyd wat in die beskerming van menseregte glo. “Daarom dryf AfriForum aktief veldtogte sodat die krisisse van plaasaanvalle, grondgrype en onteiening sonder vergoeding internasionale erkenning kry. AfriForum gaan ook binnekort verdere aksies bekend maak om internasionale bewusmaking oor hierdie kwessies op die spits te dryf.”

UN Letter_VN Brief – Ramaphosa

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest