Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Taste of Africa

Apr 22, 2020

So eg Suid-Afrikaans soos vellies in die veld, soos melktert op ‘n Sondagmiddag en Haas Das op die kassie. So is Wêreldwyd se Wêreldgids eg Suid-Afrikaans. Weet jy nie waar om jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye in die buiteland te kry nie? Of waar om ‘n dokter, prokureur of rekenmeester te kry wat jou Suid-Afrikaanse Engels gaan verstaan nie? Ons het die antwoord hier! Die Wêreldgids is jou padkaart na al jou gunstelinge in die buiteland. Elke week kies die Wêreldwydspan een van die ondernemings op die gids om in die Kollig te verskyn. Hierdie week is dit biltong, boerewors en droëwors by Taste of Africa in Australië.

Simon maak reeds vir die laaste twintig jaar al biltong en droëwors as ‘n stokperdjie. ‘n Paar jaar terug het hy besluit om sy stokperdjie om te skakel in ‘n besigheid en Taste of Africa het tot stand gekom. Met sy tradisionele biltongresep wat sy oupa hom geleer het leer hy die Australiërs wat biltong is en waarom dit werklik beter as jerky is.

Taste of Africa sê nie verniet dat biltong die groot boetie van jerky is nie. Biltong is koning in Simon se winkel.

Besoek Taste of Africa se webtuiste hier

Besoek Taste of Africa se profiel op die Wêreldgids hier

Lys jou onderneming hier

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest