Leesvordering:

Besigheids- en persoonlike belastingimplikasies vir Suid-Afrikaners in die buiteland

Nov 12, 2020

Suid-Afrikaanse burgers was tot onlangs vrygestel van belasting op buitelandse inkomste indien hulle vir 183 dae per jaar, waarvan 60 dae aaneenlopend moes wees, buite die land se grense was. Die regering het artikel 10 (1)(o)(ii) van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 egter onttrek. Daarom moet Suid-Afrikaners wat meer as R1,25 miljoen per jaar in die buiteland verdien sedert 1 Maart 2020 tot 45% van daardie inkomste aan belasting betaal. Dit klink verregaande, maar daar is darem versagtende omstandighede.

Die Nasionale Tesourie se voorstel bring nie mee dat Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk dubbele inkomstebelasting moet betaal nie. Hulle word in Suid-Afrika slegs belas op inkomste waarop hulle nie elders belasting betaal nie. Die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) se jurisdiksie bepaal byvoorbeeld dat buitelanders nie in die VAE inkomstebelasting hoef te betaal nie, dus het talle Suid-Afrikaners geen belasting betaal op die inkomste wat hulle daar verdien het nie. Dit is sulke onbelaste inkomste wat nou in Suid-Afrika belas word.

Suid-Afrika het ooreenkomste met talle lande om te voorkom dat ’n individu dubbel belas word. In sekere gevalle kan krediet vir dubbele belasting ook toegestaan word indien ‘n persoon in die buiteland én in Suid-Afrika belasting betaal het.

Besigheidsbelasting

Die gemiddelde besigheidsbelasting in die wêreld is 23,79%. Die hoogste besigheidsbelasting ter wêreld is in 2019 teen ’n koers van 55% in die VAE gehef. Ook Brasilië (34%), Venezuela (34%), Frankryk (31%) en Japan (30,62%) belas besighede teen ‘n hoë koers. Europa is die streek met die laagste korporatiewe belasting (19,35%); dit is laer as die gemiddelde korporatiewe belasting in Asië (21,09%), Amerika (27,21%) en Afrika (28,24%).

Australië

As jy ’n besigheid in Australië begin, word jy op elke dollar belas. Dit beteken dat klein besighede nie soos in talle ander lande geen belasting betaal nie.

Indien jy ’n eenmansaak bedryf, word jy as individu belas en is die eerste $18 200 van jou inkomste per jaar vrygestel van belasting. Besighede met ’n omset van minder as $50 miljoen betaal 25% belasting, en dié met ‘n hoër omset 30%. Daar is wel toegewings vir besighede met ‘n wins van minder as $2 miljoen per jaar. Belasting op toegevoegde waarde (BTW) word in Australië teen 10% gehef.

Kanada

Die algemene besigheidsbelasting in Kanada is 28%, terwyl die koers vir klein besighede maar 9% is. ’n Klein besigheid word in Kanada beskou as ’n onderneming met minder as 100 werknemers; 98% Kanadese ondernemings val in dié kategorie.

Elke provinsie het sy eie korporatiewe belastingstelsel en die hantering van besighede verskil dus van provinsie tot provinsie. In 2020 wissel die gekombineerde provinsiale en korporatiewe inkomstebelasting tussen 26% en 38%, afhangende van die provinsie. Belastingvoordele is slegs beskikbaar vir besighede in Kanadese besit.

Nieu-Seeland

Besighede betaal in Nieu-Seeland 28% belasting. Individue uit lande wat nie ’n belastingooreenkoms met Nieu-Seeland het nie, kan moontlik dubbele belasting betaal. Suid-Afrika het egter ooreenkomste met beide Nieu-Seeland en Australië om dubbele belasting te voorkom.

Min of geen korporatiewe belasting

In die volgende lande betaal besighede geen belasting nie:

  • Anguilla
  • Bahamas
  • Bahrein
  • Bermuda
  • Kaaimanseilande
  • Guernsey
  • die eiland Man
  • Jersey
  • Turks- en Caicoseilande
  • Vanuatu

Die meeste Karibiese lande hef ook geen korporatiewe belasting nie. In die volgende Oos-Europese lande is die belastingkoers vir besighede laer as die wêreldgemiddeld van 23,79%:

  • Hongarye 9%
  • Montenegro 9%
  • Andorra 10%
  • Bosnië 10%
  • Bulgarye 10%
  • Gibraltar 10%
  • Masedonië 10%
  • Moldowa 12%
  • Siprus 12,5%
  • Ierland 12,5%
  • Liechtenstein 12,5%
  • Albanië 15%
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest