Leesvordering:

Wenke vir verpakking van jou aanlyn verkope

Feb 18, 2021

Wat het jy nodig?

Daar is ’n paar items wat jy nodig het wanneer jy aanlyn verkope versend. Die belangrikste hiervan is ’n skaal en ‘n maatband vir items wat nie in die normale koeriersak pas nie. Omdat koeriermaatskappye op gewig en volumetriese grootte werk, beïnvloed jou verpakking die versendingskoste van jou pakkie drasties. Maak seker jy het die regte dimensies en gewig wanneer jy ‘n koerierversending doen om sodoende te verseker dat jy jouself nie dalk in die voet skiet met koerierkostes nie. Daarbenewens is dit noodsaaklik dat jy al die nodige verpakkingsmateriaal het wat jy gaan nodig hê. Indien jy breekbare items versend, benodig jy items soos borrelverpakking of polistireenballetjies om die items wat jy versend te beskerm. Niks sal ‘n kliënt so ontstel soos om ‘n gebreekte of beskadigde item te ontvang nie – veral nie as hul haastig is vir die produk nie.

Maak jou verpakking persoonlik

Maatskappye soos Yuppiechef verstaan hoe belangrik dit is om hul pakkies persoonlik te maak. Yuppiechef sluit by elke pakkie wat hulle versend ‘n handgeskrewe nota in. Die taktiek werk uitstekend vir aanlyn verkope wat soms onpersoonlik kan voel. Maak jou verpakking persoonlik, sluit oulike kaartjies of papier in wat pas by jou handelsmerk of produk wat jy verkoop. Sit ‘n nota in die pakkie, ‘n klein geskenkie of selfs ‘n afslagkoepon vir toekomstige aankope op jou webtuiste. Jy verseker groter lojaliteit deur ‘n persoonlike verhouding met jou kliënte te bou en jy stof jou mededingers in die mark uit.

Beïndruk jou kliënte

In die algemeen belê luukse handelsmerke baie in hul verpakking. Indien jy byvoorbeeld juweliersware verkoop, is dit ‘n goeie idee om op te let na jou verpakking. Dink byvoorbeeld aan fluweelboksies wat jy vir jou ringe en oorbelle kan gebruik. Omdat jy ‘n handelsmerk wil vestig, is dit ook ‘n goeie idee om seker te maak dat jou naam of logo op al jou verpakking verskyn. Selfs al gooi jou kliënt jou verpakking weg, gaan hul assosiasie met jou handelsmerk baie anders wees as hul dit in ‘n fluweelboksie ontvang teenoor ‘n sellofaansakkie. Dink byvoorbeeld aan die internasionale juweliers, Pandora. Hul verpakking is deftig met ‘n leerboksie, lint en mooi geskenksakkies wat die waarde-assosiasie van hul produkte verhoog.

Voordele van goeie verpakking:

  • Mense koop nie net ‘n produk nie, hul wil ‘n ervaring koop. Verpak jou pakkies soos ‘n geskenk wat jy vir jou kliënte stuur. Goeie verpakking verbeter die verkoopservaring en motiveer toekomstige aankope.
  • Video’s van mense wat oulike pakkies oopmaak is baie gewild op webtuistes soos YouTube. Indien jou produk se verpakking goed genoeg is, kan dit dalk ‘n goeie bemarkingsoefening wees wat meer blootstelling aan jou besigheid gee.
  • Motiveer kliënte om jou produk as ‘n geskenk vir iemand anders te stuur. Indien jou verpakking werklik van topgehalte is, voel kliënte gemaklik om die produk net so vir hul geliefdes en vriende te gee. Dit skep by hul ‘n waarde-assosiasie en vertroue in jou produk.

Hierdie artikel het oorspronklik op AfriForum Sakenetwerk se webtuiste verskyn.

AfriForum Sakenetwerk is ’n inisiatief van AfriForum waar verbruikers sakeondernemings in Suid-Afrika op ’n webplatform kan opspoor.

AfriForum Sakenetwerk is tot diens van kliënte, asook klein én groot sakeondernemings reg oor Suid-Afrika.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest