Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Bay Building Inspections

Mei 5, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids het ’n suksesvolle netwerk geskep om Suid-Afrikaners in die buiteland met mekaar in aanraking te bring sodat jy Suid-Afrikaanse ondernemings in jou omgewing kan ondersteun. Wêreldwyd kies elke week een onderneming uit die Wêreldgids om in die Kollig te verskyn. Vandeesweek se onderneming in die kollig is Bay Building inspections.

Bay Building Inspections verskaf dienste soos gebou-inspeksies, asbes-steekproewe en metamfetamien-toetse.

Wil jy ’n ingeligte besluit neem oor een van die grootste beleggings in jou lewe?

Wil jy as verkoper voorkom dat jy onkant gevang word wanneer die transaksie amper afgehandel is?

Inligting is ’n onderhandelaar se beste wapen.

Wanneer jy ’n huis, sakegebou of eiendom vir verhuring koop, het jy ’n eerlike, onbevooroordeelde, akkurate evaluering van ’n gekwalifiseerde, ervare bou-inspekteur nodig. Jy moet weet waarvoor jy jou inlaat en jy moet vertroue hê in die bouverslag waarvoor jy betaal: Daar is baie op die spel.

André van Schalkwyk gee nie raad nie. As gekwalifiseerde bou-inspekteur verskaf hy inligting.

Al Bay Building Inspections se bou-inspeksies is heeltemal onafhanklik, vertroulik en in ooreenstemming met die Nieu-Seelandse inspeksiestandaard vir residensiële eiendomme, NZS 4306:2005.

Kontak Bay Building Inspections:

Telefoon: 021 212 1398

Klik hier om Bay Building Inspections op Facebook te besoek.

Klik hier om Bay Building Inspections op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest