Leesvordering:

Macaroni en Kaas

Jun 27, 2021

deur Marinda Engelbrecht

Probeer hierdie maklike en lekker resep van Marinda Kook.

Bestandele

  • ½ pak macaroni
  • 3 goeie Duitse worsies (bv Käsegriller), in klein blokkies gesny
  • 750 ml melk
  • 2 eiers, geklits
  • 60 ml botter
  • 60 ml meel
  • Sout en peper na smaak
  • 250 ml gerasperde kaas
  • 2 groot tamaties, in skywe gesny
  • rooipeper na smaak

Metode

Kook die macaroni tot net gaar. Dreineer gooi dit in ‘n oondvaste bak. Voeg die worsies by, roer deur en plaas opsy. Meng 250 ml van die melk met die eiers en roer dit by die macaroni-en-worsiemengsel in.

Maak nou ‘n witsous: Smelt die botter in ‘n pot en roer die meel in tot glad. Verwyder van die hitte en gooi die oorblywende melk geleidelik by terwyl jy aanhoudend klits. Sit die pot terug op die hitte en roer tot dit verdik het. Verwyder van die hitte en geur met sout en peper. Gooi die witsous oor die macaroni en sprinkel die kaas eweredig bo-oor.

Rangskik die tamatie skywe bo-oor, geur tamaties met sout, peper en rooipeper, en bak in ‘n voorverhitte oond vir 30 minute teen 180º C of tot gaar en gestol.

Bedien 4 – 6 porsies met ‘n lekker slaai.

Maklik!

Meer oor die outeur

Marinda Engelbrecht

My naam is Marinda Engelbrecht en ek het groot geword op ‘n plaas net buite Durbanville. My liefde vir kook, wil ek graag deel. Dit is geen fênsie kookblog nie. Dis sommer net ‘n eenvoudige kookblog sodat my kinders en hulle vriende en hulle vriende se vriende kan leer kook. Sodat hulle my nie so baie hoef te bel om te hoor : hoe maak mens…

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest