Leesvordering:

“Hansie Slim” – die mannetjie wat die wye wêreld ingevaar het

Jul 21, 2021

Deur Ilze Nieuwoudt 

Titel: “Hansie Slim”
Woorde: A.D.E. Gutsche (vers 1), P. McLachlan (vers 2)
Wysie: Volkswysie, verwerk deur Chris Lampbrecht

Wie sou ooit kon raai dat die einste klein Hansie van wie derduisende Afrikaanse kindertjies so gretig sing in “Hansie Slim”, werklik die “wye wêreld” ingegaan het? Ten spyte van ’n sere “moederhart” het dié moedige Hansie as’t ware ’n wêreldreisiger geword.

Hierdie gewilde kinderliedjie het talle weergawes wat oor die wêreld heen in verskeie tale (insluitend Duits, Engels en Hebreeus) gesing word. “Hansie Slim” is ook nie eintlik 100% eg Suid-Afrikaans nie, want ten spyte van sy Afrikaanse vertaling, is die oorspronklike wysie en tema afkomstig uit Duitsland. Hier word die liedjie “Hänschen klein” gesing en vertel ’n soortgelyke verhaal as die Afrikaanse weergawe.

Navorsing oor die oorspronklike “Hänschen klein” toon dat dié liedjie reeds in die 19de eeu geskryf is deur die Duitse skrywer en onderwyser, Franz Wiedemann. Dié weergawe gaan oor Hänschen (Hansie) wat sy moeder se huis verlaat en eers as ’n volwasse man, Hans, terugkeer. Op sy beurt steun die tema van “Hänschen klein” weer baie sterk op die Duitse gedig getiteld “Das Erkennen” deur Johann Nepomuk Vogl wat ook vertel van ’n man wat ná baie reise terugkeer na sy tuisdorp. Hier herken sy goeie vriend, die tollenaar, asook die mooie dorpsmeisie hom nie meer nie – net sy moeder herken haar seun met die stok in die hand.

’n Aangepaste Duitse weergawe van Otto Frömmel het egter teen ongeveer 1899 die lig gesien. Frömmel, ’n Duitse skrywer en versamelaar van kinderrympies, het dikwels nie net die kinderrympies bymekaar gemaak nie, maar dit ook aangepas. In sý weergawe – wat so te sê woord vir woord met die Afrikaanse “Hansie Slim” ooreenstem – is dit ’n kindjie wat die huis verlaat en ’n hartseer moeder agterlaat, maar tog gou terugkeer.

Die Afrikaanse weergawe “Hansie Slim” se eerste vers is die vertaling van A.D.E. Gutsche en die tweede dié van P. McLachlan. Gutsche het onder meer ook die woorde vir die liedjies “Afrikaners is plesierig” en “Perdjie” geskryf. Die wysie is deur die Suid-Afrikaanse musieklegende Chris Lamprecht verwerk.

“Die moedertaal van musiek”
Prof. Chris Lampbrecht wat die musikale verwerking van “Hansie Slim” gedoen het, is bekend as koorleier en komponis wat ’n onmiskenbare bydrae tot Afrikaanse musiek –  spesifiek volks- en kerkmusiek – gedoen het. Hy het intensiewe navorsing oor Afrikaanse volksmusiek gedoen. In ’n artikel getiteld “Die kreatiewe aanwending van volksmusiek” skryf Lampbrecht soos volg oor volksliedjies: “Volksmusiek is die moedertaal van musiek … Volksmusiek is in sy natuurlike staat dus ’n ongeslypte diamant, hard en taai, onpretensieus maar vanweë verwaarlosing en by gebrek aan kennis kan dit verlore raak vir die nageslag.”

Die oorspronklike “Hansie Slim”

“Hänschen klein”
Hänschen klein
Ging allein
In die weite Welt hinein
Stock und Hut
Stehn ihm gut,
Ist gar wohlgemut.
Aber Mutter weinet sehr
Hat ja nun kein Hänschen mehr
Da besinnt sich das Kind,
Läuft nach Haus geschwind.
Liebe Mutter, ich bin da
Dein Hänschen tra la la
Bin bei dir,
Bleib’ bei dir
Freue dich mit mir!

Bronne:

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest