Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: FynBosch Design

Jul 28, 2021

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. Alles is verskillend, en om jou gunsteling- Suid-Afrikaanse produkte op te spoor kan nogal in ’n avontuur ontaard. Gelukkig is Wêreldwyd hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is uniek. Hier kan jy ’n versameling Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld vind wat ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland vorm. Hierdie week se onderneming in die Kollig is FynBosch Design in Nederland.

“FynBosch Design is geïnspireer deur die natuur, beïnvloed deur kuns en ontwerp, gedryf deur balans, gemotiveer in eenvoud en deel die kalmte van ’n organiese leefstyl. Dít is wat my aanspoor om te skep,” sê Anneke Bosch, eienaar van FynBosch Design.

Anneke het in die Suid-Afrikaanse natuur grootgeword waar kleur en tekstuur gedurig deel van haar lewe was. Haar omgewing tydens haar kinderjare het daartoe gelei dat sy die eenvoudige dinge wat ons elke dag omring meer waardeer.

Die naam FynBosch is geïnspireer deur die delikate Suid-Afrikaanse flora fynbos wat plaaslik in Suid-Afrika groei, in kombinasie met haar van – dus bly sy trou aan haarself en die wortels waar haar grootste inspirasie vandaan kom.

Anneke woon tans in Nederland en versamel wilde flora plaaslik of terwyl sy in die buiteland reis om bekostigbare organiese kunsstukke te ontwerp, en sodoende die natuur weer terug te bring in ons huise. Daar is ’n fyn balans in die natuur wat sy poog om in elke individuele stuk weer te gee, en daarom gebruik sy slegs natuurlike materiale en veselstowwe soos sybokhaar, wol, katoen, linne, bamboes en sy. Die flora self word ook in hul natuurlike vorm behou om die broosheid van die lewe te reflekteer, en ons te herinner om te fokus op die rou skoonheid wat ons daagliks omring.

Elke stuk word deur die natuur se oorvloed beïnvloed en liefdevol geskep met voortreflike aandag aan detail en geduld.

Kontak FynBosch Design:

Telefoon: +31 6 57307781

E-pos: anneke@fynboschdesign.com

Klik hier om FynBosch Design op Facebook te besoek.

Klik hier om FynBosch Design op Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest