Leesvordering:

Leesgenot vir die jongspan: Huis Hindernis-reeks

Aug 19, 2021

Twee splinternuwe boeke uit die pen van Anzil Kulsen, die Clint Fryer en die helde van Huis Hindernis-reeks, beloof om baie harte te wen. Die kinders in dié boekies verteenwoordig dalk diverse leefwêrelde, maar saam beleef hulle groot avonture!Clint Fryer en die helde van Huis Hindernis 2

Clint Fryer en die helde van Huis Hindernis 1: Soektog

Clint Fryer is deel van ’n groep kinders wat in Huis Helderlig bly, maar al die kinders noem dit sommer Huis Hindernis. Matrone Busiswe meen die kinders wat alewig onder haar voete is, is net ’n hindernis vir haar … Min weet sy van die avonture wat die kinders beleef!
In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar’s nie genoeg geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale Danskampioenskap deel te neem. Die mislike Dedrei, die dogter van die welsyntannie, mag dan nog steeds deelneem. Clint en sy maats besluit om ’n soektog te loods en uit te vind wat aangaan.
Koop hier

Clint Fryer en die helde van Huis Hindernis 2: Partytjiepret

Clint Fryer is deel van ’n groep kinders wat in Huis Helderlig bly, maar al die kinders noem dit sommer Huis Hindernis. Matrone Busiswe meen die kinders wat alewig onder haar voete is, is net ’n hindernis vir haar … Min weet sy van die avonture wat die kinders beleef!

In Partytjiepret moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper daartoe gelei het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was. Vinnig genoeg sien Clint en die res van die kinders dat Dedrei nie so sleg is nie. Die kinders besluit om Dedrei te gaan verras by haar verjaarsdagpartytjie…

Koop hier

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest