Leesvordering:

Natuurhoekie – Olifante by die Middelvlei-watergat

Sep 17, 2021

Olifante by die Middelvlei-watergat, suid van Mopani-ruskamp in die Nasionale Krugerwildtuin ding mee om water.

Die grysgroen struik op die voorgrond is die Pechuel-Loeschea leubnitziae, bekend as die stinkbos of bitterbos. Dit is inheems aan Suid-Afrika en Namibië en is deel van die sonneblomfamilie. In die Krugerwildtuin word hierdie sterk aromatiese struik sebra sweetbos genoem. Dit word tot 1.3 meter hoog en ruik byna soos wilde aspersies.

Die beeldmateriaal is andermaal deur Katie en André van Two-V Productions voorsien. Hartlik dank aan hulle hiervoor! Teken asseblief in op hulle YouTube-kanaal en volg hulle Facebookblad. Boeke in hulle Op Vlerke-reeks kan van Kraal Uitgewers bestel word. Die vierde boek in die reeks word eersdaags vrygestel. Die boeke is slegs in Afrikaans beskikbaar.

 

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest