Leesvordering:

Nederlands kyk oor die grense heen

Sep 20, 2021

7de weergawe, Week van Nederlands: 2 tot 9 Oktober 2021 1ste weergawe wat vanjaar in Suid-Afrika gevier word.

Iets oor die volstruis

Om iets op stelte te plaas, is ’n Nederlandse uitdrukking wat losweg vertaal sou kon word as om dit in beroering te bring. Die volstruis met die lang pote en lang nek kan ver kyk, oor grense heen. Dit kan dans en daardie steltbene gebruik om ver te hardloop.

Boonop, sê  Maarten Vidal, beleidsekretaris van die Taalunie, daar ís ’n uitdrukking in Afrikaans: “Sy is nes ’n volstruis, waar sy kom, daar is sy tuis.” So is die Nederlandse taal ook. Sy is steeds tuis in die monde van talle sprekers oor grense heen.

 

Sit jou masker op, breek die Covid-blues en kom kuier saam terwyl Nederland, België en Friesland van 2 tot 9 Oktober 2021 wêreldwyd die Nederlandse taal vier tydens die sewende weergawe van die Week van die Nederlandse taal.

Hierdie jaar word die viering vir die eerste keer in Suid-Afrika gehou, so Nederlands kyk oor alle grense heen, met ’n volstruis as logo en ’n taal op stelte. Via die webwerf van die Week van Nederlands en Voertaal sal die geleentheid wêreldwye dekking geniet.

Die naelstring steek grense oor na Kaaps, Fries en Afrikaans

Vanuit Suid-Afrika, saam met die viering van Nederlands as taal, sal Kaaps, Fries en Afrikaans ook aan die woord kom, met gesprekke oor die rol van Fries in ’n Nederlandse omgewing en waar Kaaps by dit alles inpas, of dalk juis nie? Dit kan interessant raak!

Die Afrikaanse Taalraad, Frysk Tresoar (Fries Letterkundige Museum en Dokumentatiesentrum in Leeuwarden, Nederland) met die hulp van SASNEV in Pinelands en Suid-Afrikahuis in Amsterdam sal sorg dat almal vasgenael sit en luister na dié taaldebatte.

Filmvertonings, gesprekke en heerlike kos

Vir Suid-Afrikaners is daar twee inryvertonings, verskeie gesprekke, aanlyn en in persoon, ’n kortfilmkompetisie vir voor- en nagraadse studente van Nederlands en, uiteraard, heerlike versnaperinge. Die volledige program van die Week van het Nederlands sal beskikbaar gestel word teen die einde van September.

Die organiseerders

Die Week van Nederlands word bestuur deur die Vlaams-Nederlandse Huis deBuren en word gefinansier deur die Nederlandse Taalunie. Met die hulp van die Nederlandse, Belgiese en Vlaamse diplomatieke korps en met die steun van die SAVN, is die basis in Suid-Afrika die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere in Pinelands, met Studio SASNEV as die spilpunt vir gesprekke, met Voertaal as webtuiste en die Vrystaat Kunstefees as platformvennoot.

 

 

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest