Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Glenbosch Wine Estate

Sep 27, 2021

Om in ’n nuwe land aan te pas is ’n uitdaging, maar gelukkig is Wêreldwyd hier om jou te help. Word deel van ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Glenbosch Wine Estate in Australië.

By Glenbosch gaan dit oor die ervaring en die deel van heerlike kos, wyn en boetiekdrank. Om die geure wat die natuur bied te verken en op te skerp.

Ons visie vir die plaas is om soos die res van die omgewing, produkte van uitstaande gehalte te skep tesame met uitstekende diens wat almal kan geniet. Ons wil iets tot stand bring wat vir generasies lank sal hou.

Kom proe ons wyn en jenewer, bespreek ’n tafel by ons restaurant, of maak gebruik van ons akkommodasiegeriewe. Die pragtige uitsigte van die Noord-Oos Victoria-landskap is ingesluit by alles wat ons aanbied, dis ’n belofte!

Ons is ’n jong gesin met groot drome en wil graag ons reis met mense deel. Ons hoop dat ons passie vir gasvryheid en hierdie omgewing daartoe sal bydra dat besoekers ons verlaat met ’n paar herinneringe wat hulle ’n leeftyd lank sal hou.

Ons nuutste toevoeging tot die plaas is vier luukse eko-vriendelike selfsorgeenhede wat onafhanklik is van die elektrisiteitsnetwerk. Een slaapkamer met uitsigte wat vir dae lank aanhou – die perfekte keuse vir paartjies wat bietjie wil wegkom.

Ons hoop jy kan sommer gou by ons en dié pragtige omgewing kom inloer.

Kontak Glenbosch Wine Estate
E-pos: admin@glenbosch.com.au
Klik  hier om Glenbosch Wine Estate se Facebook-blad te besoek.
Klik hier vir Glenbosch Wine Estate op Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest