Leesvordering:

AFRIFORUM HOF TOE NÁ MAGSBEHEPTE REGERING RAMPTOESTAND NOG ’N KEER VERLENG

Mar 15, 2022

Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel die regering se besluit om die nasionale ramptoestand weereens te verleng en sal hul stryd in die hof voortsit om die ramptoestand te beëindig. Die organisasie het in Februarie met regstappe begin om die ramptoestand ongeldig te verklaar. Die regering se verteenwoordigers het aangedui dat hulle AfriForum se optrede sal teenstaan. 

“Dit bewys weer AfriForum se punt dat die regering geen planne het om ooit afstand te doen van die magte wat hulle oor die afgelope twee jaar onder die dekmantel van ’n noodgeval gegryp het nie. Daar is geen rede om die ramptoestand voort te sit nie, tensy jy ‘n magsbehepte politikus of een van die talle korrupte individue is wat voordeel trek uit noodverkrygingsonreëlmatighede,” sê Jacques Broodryk, veldtogbestuurder by AfriForum.

In sy argumente stel AfriForum dat daar tans geen ramp is nie en dus geen nut vir ’n ramptoestand nie. Die organisasie sê dat wanneer daar gekyk word na die huidige hospitalisasie- en sterftesyfer vir COVID-19 is daar geen regverdiging vir die voortgesette onderdrukking van burgers se vryheid nie.

AfriForum het talle regstryde teen onredelike regulasies van stapel gestuur sedert die eerste inperking twee jaar gelede aangekondig is, insluitend die afskaffing van regeringskwarantynkampe en ander maatreëls soos die aandklokreël, strandverbod en die verbod op godsdienstige byeenkomste. AfriForum het ook saam met Solidariteit die COVID-19-toerismefonds onwettig laat verklaar, hierdie fonds sou finansiële hulp aan ondernemings en persone in die toerismesektor bied gebaseer op hul velkleur.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest