Leesvordering:

Uit en tuis: ’n e-pos uit Ierland

Aug 11, 2022

Uit en tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Kirsten Mocke wat tans saam met haar man in Ierland woon. Kirsten vertel ons meer van hul emigrasieproses en hulle lewe in Ierland.

Hallo Kirsten, van waar in Suid-Afrika is jy en waarom het jy besluit om in Ierland te gaan woon?

Ek is van Kempton Park, Johannesburg en ek het Ierland toe getrek omdat my destydse kêrel, nou my man, (ook oorspronklik van Suid-Afrika) Ierland toe is en soveel daarvan gehou het dat hy besluit het om te bly. Ek het Ierland twee keer besoek voor ek die groot trek aangepak het in Desember 2019.

Cork City

Jy het in Desember 2019 geëmigreer, vertel ons bietjie hoe het jy die emigrasieproses ervaar?

Die vaarwel by OR Tambo-lughawe was ’n baie moeilike dag vol trane, maar ons het almal gedink ons sal mekaar gou weer sien. Niemand sou kon raai dat dit twee jaar sou wees voor ons mekaar weer sou sien nie. Covid-19 het alles soveel moeiliker gemaak.

My eerste aand in Ierland as my nuwe tuiste sal ek nooit vergeet nie. Dit was Desember, so middel van die winter, die huis was koud, want niemand was tuis voor ons om die verhitting aan te sit nie. Dit was pikdonker en die stortwater was soos ys. Ek het net begin huil en ’n totale “meltdown” gehad.

Ek was die eerste ses maande sonder werk in Ierland en dit was ʼn verskriklike moeilike tyd. Daar was dae wat ek enigiets sou gee om net my tas te kan pak en terug huis toe te vlieg. As ek terugdink besef ek as dit nie vir Covid-19 was nie, sou ek heel moontlik moed opgegee het en terug huis toe gegaan het, maar dit was net nie ’n opsie nie. Ek moes uithou en aanhou.

Ek is nou amper drie jaar in Ierland en alhoewel alles nie perfek is nie, voel ek meer tuis.

Was Ierland se klimaat ’n groot aanpassing?

Die winters is koud en lank en die son gaan sak baie vroeg. Ek dink dit is ’n groot aanpassing maar met tyd raak alles beter. ’n Goeie gehalte dik baadjie, ’n dik serp, handskoene en ’n mussie maak dinge meer draagbaar.

Kry jy kans om te reis?

Covid-19 het dit moeilik gemaak om te reis en toe ons uiteindelik kon reis wou ek net huis toe om my familie te sien. Ons kon al ’n bietjie van Ierland verken en ek hoop om in die toekoms meer van Europa te sien.

Is daar enige Suid-Afrikaanse winkels naby jou waar jy trooskos kan kry?

Daar is twee winkels binne 40 minute van ons huis wat Suid-Afrikaanse produkte verkoop soos Nik Naks, Ghost Pops en Creme Soda. Daar is ook ’n slaghuis wat boerewors en biltong verkoop.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika? Wat is die een ding wat jy wens jy in jou tas kon pak toe jy geëmigreer het?

Die is seker almal se antwoord maar ek wens ek kon my familie in my tas pak. Dis die moeilikste ding om oor te begin in terme van ’n ondersteuningsnetwerk. Ierse mense is vriendelik, maar dit is net nie MY mense nie en ek dink baie Suid-Afrikaners voel so wanneer hulle emigreer.

Ek wens ook ek kon Woolworths in my tas pak, want Woolies is net die beste. Ek mis Afrikaans praat, ek mis ons land se kultuur. Ek mis Koo-konfyt, kaalvoet rondloop en chili bites.

LEES OOK: Uit en tuis: ’n e-pos uit Edinburgh

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest