Leesvordering:

Hoe vier jy Kersfees in die buiteland?

Nov 19, 2023

AfriForum Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak. Kersfees is om die draai en ons wil soos die vorige jare by jou hoor hoe dit gevier word in die land waar jy jouself bevind.

  • Is daar interessante Kersgewoontes en -tradisies?
  • Geniet jy steeds ’n tradisionele Suid-Afrikaanse feesmaal of probeer jy nuwe disse? Dalk is daar besondere disse eie aan die land waar jy woon. Stuur asseblief daardie resepte!
  • Woon jy in ’n land waar daar min Christene is en waar jy self moet planne maak om die dag te vier?
  • Is daar die mooiste Kersliggies in jou buurt of ’n nuwe Kersfeesgier wat kop uitsteek in jou land?
  • Hou jy by die ou tradisionele vieringe of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Vertel ook sommer jou staaltjies van vorige Kersvieringe. Foto’s is natuurlik ook welkom! Ons reis graag saam hierdie Kerstyd.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Kuiers by jou kinders in ’n verre land

Wat ouers moet weet Deur Sulette Ferreira Die oomblik wat jy van die vliegtuig afstap, word jy oorweldig deur gemengde gevoelens – gevoelens van vreugde én onsekerheid. Jou hart loop oor van afwagting vir die langverwagte kuier by jou kinders en kleinkinders wat nou...

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Ons vra nie spesiale behandeling nie, ons vra net gelyke behandeling – AfriForum Nagenoeg een moord per week het gedurende 2023 op Suid-Afrikaanse plase afgespeel in die 296 plaasaanvalle wat gedurende dié tyd plaasgevind het. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse regering...

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest