Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Vivat Bacchus

Apr 4, 2023

Dié week val die kollig op Vivat Bacchus in Farringdon, Londen.

Vivat Bacchus is gratis op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. Dié gids stel mense in staat om Suid-Afrikaanse ondernemings in die buiteland te ondersteun.

Vivat Bacchus is ’n Suid-Afrikaanse restaurant en wynkroeg wat volhoubare, seisoenale spyskaarte en ’n uitstekende Suid-Afrikaanse wynlys bied.

Of jy nou by ons eet, ’n partytjie of troue in ons privaat venues aanbied, op ’n besigtigingstoer deur ons wynkelders of kaaslokale gaan of een van ons gereelde wyngeleenthede bywoon, alles gaan oor eenvoud en konsekwentheid – keer op keer goeie kos en heerlike wyn.

Die dekor is effens industrieel met oop plafonne sodat ’n mens die pype en buise kan sien. Dit skep die gevoel dat jy in ’n wynkelder is waar wyn gemaak word. In die kaaslokale ruis die waaiers en die wynkelders is propvol gepak.

Sluit by ons aan vir ’n eg Suid-Afrikaanse smaakervaring.

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net te ver weg is.


Kontak Vivat Bacchus.

Klik hier om Vivat Bacchus se webtuiste te besoek.

Klik hier om Vivat Bacchus op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest