Leesvordering:

Hou jou Afrikaans speel-speel lewendig

Jun 20, 2023

Deur Alana Bailey

Woon jy in die buiteland, maar wil nog steeds jou Afrikaans lewendig en op datum hou? Taal is dinamies en verander voortdurend. Selfs taalreëls word soms aangepas. As jy of jou kinders ’n bietjie ekstra aandag aan julle taal wil gee, is die beste manier om dit speel-speel te doen – want taal hoef nie vervelig, moeite of ’n pyn te wees nie!

Daar is oulike bordspeletjies met Afrikaans as tema, soos Idio, Idiomepret, Tel jou woorde en Meer bek as binnegoed!

Ons weet egter hoe duur posgeld na die buiteland is, of hoe min plek daar in ’n tas is wanneer jy kom kuier.

’n Alternatief is ’n aanlynspeletjie of ’n toep, soos die taalspeletjie Beter Afrikaans. Dit is deur die voormalige voorsitter van die Afrikaanse Taalkommissie, Gerhard van Huyssteen, ontwikkel en toets Afrikaanssprekendes van alle ouderdomme se kennis van die spel- en skryfreëls van die taal. Dit is gratis beskikbaar vir gebruik deur die internet en op selfone.

Gebruikers van Beter Afrikaans kan dit aanlyn op die webtuiste speel, of kies om elke weeksdag ’n e-pos te kry met ’n skakel na vier veelvoudige keusevrae. Die antwoorde word dadelik voorsien, so daar is geen spannende gewag soos na jou wiskundevraestel in graad 9 nie …

Meer inligting is ook beskikbaar vir die nuuskierige deelnemer vir wie die puntetelling alleen nie genoeg is nie.

Vir kompetisieverslaafdes se onthalwe word elke keer se uitslae gestoor, sodat hulle hulle eie vordering kan dophou en met ander spelers kan meeding. Daar is selfs ’n opsie vir groepe, byvoorbeeld ’n klasgroep in ’n skool, om deel te neem en teen ander groepe te speel. Beter Afrikaans is ontwikkel in samewerking met die Nederlandse speletjie, Beter Spellen, wat soortgelyk is. Beter Spellen het al meer as 90 000 aktiewe deelnemers en daar word gehoop dat Beter Afrikaans net so, of selfs nog meer gewild gaan raak.

Meer inligting is beskikbaar by www.beterafrikaans.co.za. Daar is ook ’n Facebookblad en ’n selfoontoepassing wat gratis van jou geliefde webwinkel afgelaai kan word.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest