Leesvordering:

Natuurhoekie – Die woud- of grootpapegaaie – ons voël van die jaar

Jun 20, 2023

Deur Alana Bailey

Die woud- of grootpapegaai (Poicephalus robustus) is die enigste endemiese papegaaispesie in Suid-Afrika. In Engels staan hulle as Cape parrots bekend. Die voëls word uitgeken aan hulle rooi skouervere. Verder is hulle veredos bruin en groen. Hulle word in die misgordelwoude in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo aangetref. Dit is ook die grootste papegaaisoort in Suider-Afrika en is as Suid-Afrika se voël van die jaar aangewys.

Daar is nog net sowat 1 800 van hulle in die natuur oor. ’n Bewaringsgroep, Cape Parrot Project, onderneem tans aksies in die omgewing van Hogsback in die Oos-Kaap om die unieke voëls se voortbestaan te verseker.

Die voëls broei veral in geelhoubome en omdat die bome met die jare op groot skaal uitgekap is vir onder meer die meubelindustrie, het die voëls se getalle skerp afgeneem.

Cape Parrot Project onderneem nou ’n projek saam met die plaaslike bevolking om Hogsback om die voëls te help. Die gemeenskap word meer geleer oor die voëls, hulle word betaal om nesbokse op te rig en verder kry hulle boomsaad waarmee hulle steggies kan kweek. Die steggies word dan by hulle teruggekoop sodra dit groot genoeg is om aangeplant te word. In die proses leer die gemeenskap ook van plantbewaring en voeding ‒ kennis wat hulle weer vir eie oeste kan benut. Verder word hulle gehelp om onder meer watertenks en skoolskoene vir hulle kinders aan te koop. Beide die gemeenskap en die papegaaie baat dus by die projek!

Woudpapegaaie is sosiaal en leef gewoonlik in groepe van rofweg twaalf saam. Hulle kan tot 100 kilometer per dag vlieg om voedsel te vind. Hulle leef van vrugte en nektar. Die broeiseisoen is van September tot Desember en ook in Mei. Twee tot vier eiers word op ’n keer gelê en beide ouers versorg die eiers en kuikens.

Omdat hulle deur die eeue daarin geslaag het om te oorleef ten spyte van die ontbossing van hulle habitat, word woudpapegaaie as ’n simbool van veerkragtigheid beskou.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest