Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: The Braai Drum Company

Aug 28, 2023

Daar is niks wat by die geurige rook van ’n Suid-Afrikaanse braai kom nie. Dié week se kollig val op The Braai Drum Company wat dit vir ons mense in Dubai moontlik maak om die braaitradisie voort te sit.

Braaidag is om die draai en ons wil dit graag vir al ons AfriForum Wêreldwyd-vriende in die buiteland ook moontlik maak om die braaitradisie voort te sit. Ons weet braais en egte braai-vleis en -hout is skaars in sekere dele van die wêreld, daarom vertel ons julle hierdie week graag van ’n onderneming wat julle braaidrome kan verwesenlik.

Lees meer oor The Braai Drum Company

Ons vervaardig handgemaakte braaidromme van enige grootte volgens jou spesifikasies van herwonne olievate.

Ons produkte is van hoë gehalte en getuig van uitstekende vakmanskap.

Ons spesialiseer in die ontwerp van braai-areas met ingeboude braaidromme, vuurputte en ander braaitoebehore.

Dink jy jou onderneming verdien tyd in die kollig? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Netwerke is nie net ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse waarop jy ’n ondersteuningsbasis kan uitbou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Hou AfriForum Wêreldwyd se sosialemediaplatforms en webtuiste dop vir meer ondernemings om jou braai-oase ten volle toe te rus!

Kontak The Braai Drum Company

Klik hier om The Braai Drum Company se webtuiste te besoek.

Klik hier om The Braai Drum Company op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids te besoek.

*

Na watter soort diens of produk is jy op soek in die buiteland? Besoek AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids vir ander soorte ondernemings.

Kry jy nie wat jy soek nie? Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za waarvan jy meer wil weet.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest