Leesvordering:

18 van jou gunstelingherinneringe van Suid-Afrika

Okt 9, 2023

Herinneringe is die innerlike foto’s wat jy bewaar, koester en vertroetel. Dit is die skatte wat ons diep in ons siele wegsluit om ons harte warm te hou wanneer die verlange te veel raak.

Ons het onlangs vir ons vriende in die buiteland gevra wat is hulle gunstelingherinnering aan Suid-Afrika. Hier is die top 18-herinneringe:

  1. Die reuk van rooigrond net voor dit begin reën.
  2. Ons mense.
  3. Bosveld-sonsondergang.
  4.  Regte egte Tannie se koeksisters.
  5. Toe melk op die stoep afgelaai was.
  6. Toe ek nog ’n graad 1-beesagterkwart vir R75,00 kon koop.
  7. As jong dogtertjie op my perd op pad na my maatjie drie plase van ons af. 
  8. Afrikaans – geen ander taal het so ’n lekker woord soos “sommer” nie.
  9. Fonteine in Pretoria, lekker piekniek en treintjie ry.
  10. Kerkklokke op ’n Sondag
  11. Kuier by my Ouma in Nelspruit met pap, kaiings en eiers.
  12. Hoëveld-donderstorms.
  13. Hadidas op ’n Saterdagoggend
  14. Sondae se stilte.
  15. Koer van duiwe wat jou wakker maak in die oggend.
  16. My vriende en familie.

17. Waffel en melkskommel by Milky Lane, dan ook fliek en ysskaats by Sterland, daarna lekker geëet in Sunnypark by House of Coffees.

18. Moerkoffie met kondensmelk uit ’n blikbeker saam met beskuit, langs ’n vuurtjie wat vroegoggend uit die as wakker gekrap word.


Het ons iets gemis? Stuur vir ons ’n e-pos en vertel ons van jou gunstelingherinnering van Suid-Afrika by wereldwyd@afriforum.co.za

Foto: uta-scholl-unsplash

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis: ’n e-pos uit Newfoundland en Labrador

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Ladine Britz, wat in...

Die jaar wat my lewe verander het!

Die jaar wat my lewe verander het!

Deur Clarice de Jonge Wanneer jy voel asof die wêreld te klein is vir jou en jy soveel meer betekenis aan jou lewe wil gee, is dit ’n teken om ’n groot wilsbesluit te neem en jou horisonne te verbreed. Aan die einde van 2021 het ek ’n gewaagde besluit geneem om my...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest