Leesvordering:

Afrikaans is Lekker 2024: Kanada

Mar 22, 2024

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Jo Black en Refentse gaan in Junie vanjaar Kanada behoorlik op horings neem met die Afrikaans is Lekker-konserte in Kanada wat onder meer in Calgary en Vancouver aangebied gaan word. Dié konserte, aangebied deur South African Events en AfriForum Wêreldwyd, bied aanhangers in Kanada ’n geleentheid om dié talentvolle kunstenaars in lewende lywe te sien.

Die geliefde “Skepe”-sanger, Jo Black, en die ewe gewilde Refentse – bekend vir treffers soos “Reisiger” en “Vuil Vanderbijl” – se musikale talent lok Suid-Afrikaanse én internasionale gehore reeds nagenoeg ’n dekade lank van die een stampvol konsert na die volgende. Die Afrikaans is Lekker 2024-musiektoer na Kanada beloof boonop om die tradisie van uitstekende musiek waarmee aanhangers van Black en Refentse vertroud geraak het, nie net voort te sit nie, maar selfs te verbeter.

Die konsertdatums is soos volg:

1 Junie 2024 – Calgary
Koop kaartjies hier.

2 Junie 2024 – Vancouver
Koop kaartjies hier.

South African Events en AfriForum Wêreldwyd is toegewyd om geleenthede te skep waar ons mense in die buiteland kan saamkom, deel kan bly van hulle kultuur en nuwe herinneringe kan skep.

All4Travel is die trotse borg van die visas vir al die kunstenaars.

Vir meer inligting besoek gerus South African Events se webtuiste, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Die Afrikaans is Lekker 2024-toer beloof om een vir die boeke te wees. Kom deel in ’n fees van musiek en kultuur en raak deel van ’n gemeenskap oor landsgrense heen. Ons sien uit daarna om jou by Afrikaans is Lekker 2024 te verwelkom!



Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees in Richmond

Hallo, Jaco! Dit is lekker om met jou te gesels. Die Suid-Afrikaanse Braai-en-potjiefees het op 19–21 April 2024 plaasgevind. Vertel ons meer. Verlede jaar het ons 500 feesgangers gehad, wat dit die grootste byeenkoms van Suid-Afrikaners in die VSA gemaak het. My doel...

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest