Leesvordering:

Reiswenke: Toptienbeplanningswenke vir wanneer jy saam met jou kinders reis

Mei 7, 2024

Deur Natasha Viljoen

Dit kan ’n verfrissende ondervinding wees om jou kinders saam op reis te neem, maar die werklike avontuur vir ons is om durende herinneringe vir die hele gesin te skep. Omsigtige beplanning is noodsaaklik om ’n seepglad, genotvolle reis te verseker. Hier onder is ons tien beste beplanningswenke om jou gesinsvakansie onvergeetlik te maak.  

1. Vroeë beplanning is die sleutel

Begin jou reis vroegtydig beplan. Doen navorsing oor gesinsvriendelike eindbestemmings, verblyf en aktiwiteite. Bespreek vlugte en verblyf vroeg, want dit verseker nie net beskikbaarheid nie, maar gee jou geleentheid om die voordeel van korting op vroeë besprekings te benut.  

2. Pak strategies in

Skep ’n omvattende inpaklysie vir elke lid van die gesin deur die eindbestemming se klimaat en aktiwiteite in ag te neem. Moenie noodsaaklikhede soos medisyne, babavoorraad en gemaksitems vergeet nie. Wanneer jy jou tasse vir die reis pak, moet jy sekermaak dat jy versnaperings, vermaak en ’n ekstra stel klere binne maklike bereik het.

Lees ons artikels Essential packing guide, Snack time in the skies en High-flying fun vir meer oor dié onderwerpe.

3. Kies kindervriendelike verblyf

Kies verblyf wat aan die behoeftes voldoen van gesinne wat met kinders reis. Kyk uit vir hotelle of vakansieplekke met kindervriendelike fasiliteite soos speelplekke, swembaddens en vermaakopsies. Maak seker dat die verblyf sentraal geleë (sodat jy aantreklikhede maklik kan bereik) en – as jy ’n stadsbesoek onderneem – naby aan openbare vervoer is.

Foto: Ben Mcleod/ Unsplash

4. Beplan ouderdomsgepasde aktiwiteite

Beplan jou reisprogram sodat dit die ouderdom en belangstellings van jou kinders in ag neem. Sluit ’n mengsel van interaktiewe en opvoedkundige aktiwiteite is, asook ’n bietjie aftyd. Ons het gevind dat dit ons kleuter deur die dag gelukkig hou as sy ’n tyd lank op ’n speelgrond speel, wat vir ons almal ’n goeie dag verseker. Kyk uit vir gesinsvriendelike aantreklikhede, parke en museums by jou eindbestemming.  

5. Beplan vir ruskanse en aftyd

Kinders het tyd nodig om te rus en hul batterye te herlaai. Skeduleer aftye deur die dag vir ’n slapie of stiller aktiwiteite. Beplan aktiwiteite in die oggend, wanneer kinders tipies meer energiek is, en gebruik middae vir ontspanning. Maak seker dat jy jou tyd wys gebruik as jou kinders ’n uiltjie knip. Vir ons is dit soms ’n besoek aan ’n restaurant vir ’n rustige middagete; ander kere gebruik ons die tyd om ’n aantreklikheid te besoek wat haar moontlik sou verveel. 

6. Vermaak op die roete

Vermaak jou kinders met ’n verskeidenheid van aktiwiteite terwyl julle op reis is. Ons is mal daaroor om ’n toiletsakkie om alles bymekaar en georganiseerd te hou. Pak inkleurboeke, speletjies en elektroniese toestelle in wat vol kindervriendelike inhoud gelaai is. Oorweeg dit om oorfone saam te neem sodat jy medereisigers in ag neem.

Lees ons artikel High-flying fun vir meer inligting oor dié onderwerp.

Foto: Getty Images/ Unsplash

7. Wees bedag op etenstye

Hou so ver moontlik by jou kinders se eetskedules. Bekende kosse kan ook vertroostend wees, so verken plaaslike disse terwyl jy ook ’n paar bekende versnaperings in jou rugsak het. Doen vooraf navorsing oor kindervriendelike restaurante by jou eindbestemming.

Lees ons artikel Snacktime in the skies vir meer inligting oor dié onderwerp.

8. Veiligheid kom eerste

Prioritiseer jou kinders se veiligheid deur altyd te verseker dat hulle identifikasie-inligting aan hulle dra. ’n Handige wenk is om jou kind in ’n kleur aan te trek wat jy maklik in ’n skare sal kan uitken. Raak vertroud met die plaaslike nooddienste en gesondheidsfasiliteite voordat reis.  

9. Betrek jou kinders by die beplanning

Betrek jou kinders by die reisbeplanning reeds van ’n vroeë ouderdom af. Bespreek moontlike aktiwiteite en eindbestemmings, en laat hulle toe om ’n sê in die reisprogram te hê. Dit verseker nie net opgewondenheid nie, maar verseker ook dat die reis hul belange in ag neem.  

Foto: Getty Images/ Unsplash

10. Aanpasbare reisprogram

Wees bereid om aanpasbaar te wees. Kinders kan onvoorspelbaar wees en dit is noodsaaklik om waar nodig jou planne aan te pas. Laat soms spontane oomblikke toe en vlieg saam met die swerm om die reis vir almal aangenaam te maak.

Ons hoop dat hierdie wenke jou kan help om ongelooflike reise saam met jou gesin te beplan, terwyl jy ook hope pret het en durende herinneringe skep.

Meer oor die skrywer

“Ons familie bestaan ek, my man, Robert, en ons driejarige dogter, Amber. Ons is passievol oor reis en ons maak ons kind groot om ’n wêreldburger te wees. Ons hou ook daarvan om ons reise en raad met ander te deel op ons blog by www.viljoen-adventures.com of ons Instagram-profiel viljoenadventuresblog. Ons het die blog spesifiek begin om ons verhale te deel.  

Ons is oorspronklik van Johannesburg. Ons het reeds vroeg in ons huwelik ’n passie vir reis ontwikkel. Toe die geleentheid hom voordoen dat ons in Europa kon kom werk, het ons besluit dat Nederland die ideale plek sou wees om dié passie uit te leef, want dit is so sentraal.”  

 – Natasha Viljoen

Foto: Getty Images/ Unsplash

Lees ook: Emigrasie: Help jou kinders só om aan te pas

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest