Leesvordering:

Karen Zoid en Nataniël in Australië

Jan 5, 2024

Deur Sue-Ann de Wet

Twee legendes in een vertoning. Teken die datum in jou dagboek aan!

Karen Zoid is ’n Suid-Afrikaanse rocksanger, liedjieskrywer, kitaarspeler, komponeerder en geselsprogramaanbieder. Haar werk, in sowel Engels as Afrikaans, word hoog aangeprys en verskeie groot plaaslike publikasies het al na haar verwys as Suid-Afrika se “koningin van rock”.

Nataniël het sy sololoopbaan drie dekades gelede begin met die bekendstelling van sy eerste enkelsnit. Hy het sedertdien 19 albums vrygestel, meer as 80 oorspronklike teaterproduksies aangebied en 21 boeke gepubliseer.

Hy het homself gevestig as sanger, liedjieskrywer, vervaardiger, regisseur, ontwerper en openbare spreker, asook as Suid-Afrika se voorste vertolker in soloverhoogoptredes. Sy gewilde rubriek Kaalkop verskyn al vir die afgelope 18 jaar in die SARIE-tydskrif.

Die konsertdatums is soos volg:

Lees ook: Karen Zoid en Nataniël in Auckland

“AfriForum Wêreldwyd tree met trots op as die hoofborg vir hierdie spesiale konsertreeks. Ons is toegewyd om geleenthede te skep waar ons mense in die buiteland saam kan kom, deel kan bly van hul kultuur en nuwe herinneringe kan skep,” sê Sue-Ann de Wet, AfriForum se hoof van Diaspora.

Volgens Arno Nel, eienaar van South African Events en organiseerder van hierdie reeks musiekvertonings, is South African Events verheug om dié talentvolle kunstenaars na Australië en Nieu-Seeland te neem. “Ons is trots daarop om hierdie musikale hoogtepunt aan te bied en is vasbeslote om ’n onvergeetlike ervaring vir die gehore te skep,” sê Nel.

Besoek gerus South African Events se webtuiste vir meer inligting en om kaartjies te koop, of stuur ’n e-pos na events@southafricanevents.com.

Gaan teken ook in op AfriForum Wêreldwyd se Kollig-nuusbrief sodat jy nie belangrike inligting misloop nie!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest