Leesvordering:

Wêreldwyd se interaktiewe Wêreldgids

Jan 28, 2016

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen in jou omgewing.  Biltong, Ouma beskuit, blatjang, hulp met finansiering, immigrasie, Suid- Afrikaanse prokureurs, restaurante en nog meer, word gevind op die Wêreldgids van Suid-Afrikaanse besighede in die wye wêreld.

Gaan loer bietjie op Wêreldwyd se Wêreldgids – volg die maklike stappe:

1. Kliek op jou land van belang op die interaktiewe Wêreldkaart op Wêreldwyd se tuisblad, of gaan kliek op die Wêreldgids skakel.

2. Kies dan die area waar jy woon of kliek slegs op algemeen om alle besighede te sien wat deur Suid-Afrikaners in die buiteland besit word in jou land van keuse.

3.’n Lys van besighede of instansies van belang vir ʼn immigrant sal daar wees met ʼn kort beskrywing van elk.  Vir volledige inligting en kontakbesonderhede, kliek slegs op die lees meer skakel.

4. Jy kan ook op die betrokke instansie of besigheid se webblad adres kliek om herlei te word na die betrokke webblad.

Ondersteun Mede Suid-Afrikaners in jou omgewing.  Kontak ons gerus as jy jou besigheid gratis in ons gids wil lys. Met voorwaarde dat dit eg Suid-Afrikaans is, en van belang is vir enige Suid-Afrikaner in die buiteland.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest