Leesvordering:

Die Engvallei in Oostenryk – Alana Bailey

Apr 21, 2016

Die Engvallei in Oostenryk is ‘n ongerepte, afgeleë stukkie paradys, omring deur die Alpe. Dit kan per tolpad van Beiere af bereik word. Die rit daarheen is self ʼn belewenis met pragtige brûe, watervalle en bome alom. ‘n Klein boeregemeenskap is in die vallei gevestig. Daar is tekens dat mense al in die Bronstydperk daar rondgetrek het, maar die huidige nedersetting se gedokumenteerde geskiedenis strek terug tot 1523. Die kapel, wat uit ongeveer 1700 dateer, is gewild vir troues. In die winter skep sneeustortings ‘n groot gevaar en word die dorpie van die wêreld afgesny. Dit word dan ontruim. Besoekers aan die vallei kan die boere se heerlike produkte geniet, insluitend groot glase yskoue karringmelk, kaas en droëworsies wat baie aan salami herinner. Fietsryers en stappers sal hier heelwat te doene vind, maar ‘n mens kan sommer ook net iewers gaan sit en probeer besluit watter rigting bied die mooiste opsie vir foto’s. Al geluide hoorbaar, is die wind wat deur die bome suis en die gerinkel van die koeie se klokke. Die natuurskoon en stilte van die vallei is ‘n lafenis vir die siel!

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest