Leesvordering:

ShowMax: Wat om te kyk in Augustus

Aug 19, 2016

Jy weet hoe hulle op vliegtuie vir jou vra om te kies tussen beesvleis en hoender? “Chicken or beef?” In daardie oomblik van beperkte keuse kry ʼn mens opnuut waardering vir die verskeidenheid van keuses wat ʼn kulturele hutspot soos Suid-Afrika jou bied. In plaas van net bees kan jy kies tussen biltong of wors of ʼn vet steak of maalvleis of saggekookte beesstert. En in die hoender-afdeling kan jy hoenderpootjies of -boudjies of kerriehoender of sosaties kry. Op die ou einde is dit dalk die unieke mengsels van verskillende dinge wat maak dat geen ander plek ooit heeltemal soos Suid-Afrika sal wees nie. Die goeie nuus is dat jy al die voordele van ʼn lewe in die buiteland kan geniet sonder om uit te mis op Suid-Afrika se diversiteit en uiteenlopende kulture.

Met ShowMax kan jy al die lekkerste elemente van Suid-Afrika en sy mense beleef sonder om uit jou leunstoel in Australië, Nieu-Seeland of waar jy ook al woon, op te staan. Daar is meer as 14 000 episodes van reekse en films wat jy kan geniet, ongeag jou smaakvoorkeur.

As jy vreeslik graag weer bietjie Afrikaans wil hoor en sien, sal ShowMax die appel van jou oog word: daar is duisende ure se kwaliteitprogramme en films waarin Afrikaans in al sy gedaantes gepraat word. Daar’s die ruwe, rowwe en bittermooi Karoo-Afrikaans soos jy hom in Vlug na Egipte sal hoor, die stadsjapies se moderne Afrikaans soos wat hulle hom op Binnelanders praat, en die dinamiese Kaaps van Suidooster. Daar word moorde opgelos in Afrikaans in Die Byl, gebraai in Afrikaans in Jan Braai vir erfenis en heerlik leeggelê in Afrikaans in Dis hoe ons rol.

As jy met heimwee onthou hoe wild dinge soms in goeie ou Afrika kon raak, kort jy dalk net ʼn paar episodes van The Wild; die Lebones, Van Reenens en Tladis se doen en late teen die agtergrond van ʼn luukse “lodge” in die wildernis behoort die ding te doen. Our Perfect Wedding is ʼn realiteitsprogram wat Suid-Afrikaners se groot persoonlikhede op skou stel, veral wanneer die stres van die groot dag die vonke tussen mense laat spat. Dinge raak warm tussen die Zungus en Ndlovus in IsiBaya, Mzansi se Telenovela. Jy kan ook Suid-Afrika se trotse uitvoerproduk Trevor Noah in aksie sien op Tonight with Trevor Noah, en in die dokumentêre reeks My Story kan jy bekende Suid-Afrikaners soos P.J. Powers, Barry Hilton en D.J. Fresh beter leer ken.

As jy dit nog nie probeer het nie, teken in op ShowMax. Die gratis proeflopie van sewe dae beteken dat jy sonder enige risiko kan inteken om te kyk of dit in jou smaak val. Indien jy wel daarvan hou – en ons dink nogal jy sal – kry jy onbeperkte toegang tot wêreldklasvermaak met ʼn kenmerkende Suid-Afrikaanse geur, teen slegs $8,99 per maand. Gaan na ShowMax.com om in te teken en jou lewe met ʼn tikkie braaispeserye te geur.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest