Leesvordering:

Skuif jou geld na jou nuwe tuiste – Cashkows

Sep 9, 2016

Emigrasie is ‘n ingewikkelde en uitputtende ervaring. Dit is dus geen verrassing dat baie emigrante verward is oor die administrasie van hul finansiële bates in Suid-Afrika nie.

Hulle ignoreer hul verantwoordelikhede teenoor belastingowerhede, skuif fondse oor grense sonder om wetlike nagevolge in ag te neem en mis dikwels op moontlik belastingkortings of inkomstegeleenthede uit.

Cashkows.com kan jou help

Cashkows.com is ‘n maatskappy wat gestig is met die oog om die finansiële behoeftes van Suid-Afrikaners in die buiteland aan te spreek. Landverhuisers buite Suid-Afrikaanse grense sukkel dikwels om hul fondse oor grense te beweeg – daar is tydsone-verskille, uiteenlopende wetgewing in verskillende regsgebiede en die feit bly staan ​​dat dit onmoontlik is om vergaderings met versekeraars en belastingowerhede van aangesig tot aangesig te voer as mens nie in Suid-Afrika woonagtig is nie.

Hoewel ons aanvanklik net voorsiening gemaak het vir die oordrag van aftree-annuïteite na die buiteland, het ons maatskappy ons dienste sedert aangevul om ‘n volle omvang van die finansiële migrasie dienste aan Suid-Afrikaners in die buiteland te bied.

Ons dienste sluit in:

  • finansiële beplanning in jou nuwe tuiste
  • oordrag van uittree-annuïteite, bewaringsfondse en soortgelyke pensioen-produkte
  • oordrag van ander versekeringsprodukte met ‘n beleggingswaarde
  • volle finansiële emigrasie-oplossing en oordrag van pensioenfondse na die buiteland voor die ouderdom van 55
  • verkryging en die indiening van eise of ander administratiewe dokumente aan versekeraars, SARS, SARB en banke
  • terugbetalling en vrystelling met betrekking tot die oorgawe van sekere polisse
  • opsporing van pensioen by vorige werkgewers en fondsadministrateurs
  • kansellasie van sessies
  • wysiging van debietorders
  • veranderende van wetlike eienaarskap op effektetrustbeleggings
  • aanwys, verandering of kontak van begunstigdes op polisse
  • doodseise en testament dienste

‘n Rekord wat boekdele spreek

Cashkows.com het reeds meer as 13 000 Suid-Afrikaners in 80 lande met verskeie aspekte van hul finansiële migrasie gehelp. Ons spog met ‘n 100% suksessyfer en kan al ons dienste veraf lewer – ons kan dus jou finansiële administrasie behartig ongeag waar jy in die wêreld is.

As jy hulp of advies vir jou finansies oor Suid-Afrikaanse grense verlang sal ons span van finansiële spesialiste seker maak dat jy die korrekte roete volg en optimale uitbetalings vir jou onderskeie behoeftes ontvang.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest