Leesvordering:

Kyk die beste van Boer soek ‘n Vrou op ShowMax!

Sep 20, 2016

Jy’t nou seker teen dié tyd al gehoor dat daar ‘n nuwe seisoen van Boer soek ‘n Vrou op pad is en dat Minki dit gaan aanbied. Maar het jy in dieselfde asem gewonder hoe jy jou gaan voorberei vir die nuwe seisoen wat op 20 Oktober begin? Jy weet, ʼn mens kyk nie sommer net so Boer soek ’n Vrou nie… Jy moet seker maak jy is gereed vir al die drama en emosie, al die intrige en opwinding. En die enigste manier om jouself gereed te kry, is om vorige seisoene te kyk.

Dis nou presies waar ShowMax inkom. Die jongste reekse van Boer soek ‘n Vrou (7 en 8) is vanaf 1 September op ShowMax beskikbaar! Nou kan jy agteroor sit en sonder ophou kyk hoe die boere kopkrap en die nooiens pronk, hoe die naels uitkom en die charm oopgedraai word. Werk deur die hele box set sodat jy fiks is vir vrou-soek wanneer Minki en die nuwe boere in seisoen 9 die soektog aanpak. Vrou-soek is nie perde koop of ploeg of oes nie. Maar om te kyk hoe die dinge loop, is so maklik soos val-uit-‘n-boom: teken in op ShowMax vir al die aksie en kry jouself gereed vir seisoen 9 hierdie Oktober op kykNET!

Kry Reekse 7 en 8 van Boer soek ‘n Vrou hier

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest