Leesvordering:

Wat om te kyk: Oktober-hoogtepunte op ShowMax

Okt 7, 2016

Wanneer het dit aanvaarbaar geword om in Oktober al die winkels vol Kersversierings te hang? Waar jy ook al kyk, is daar rooi balletjies, groen blare en goue tinsel om jou te herinner dat die jaar einde se kant toe staan. Daar is net twee maniere om dit te ignoreer: kyk weg of kyk ShowMax. Gelukkig is daar hierdie Oktober soveel nuwe programme, seisoene en flieks op ShowMax dat dit nie moeilik sal wees om jou oë eerder op die skerm as op die voortydige Kersvaders te hou nie.

Leandie du Randt is juis iets vir die oog. Sy is die aanbieder van die nuwe reeks Slank wat op 10 Oktober op ShowMax begin. Leandie en ’n span kenners gaan deelnemers aan dié program help om hulle koppe en eetplanne reg te kry en só die vetrolle af te skud.

Vir dié wat nie belangstel in maer raak nie, maar eerder graag wil eet, is daar ook hierdie maand ’n splinternuwe seisoen van Edik van Nantes met Nataniël. Hy en sy broer Erik verlaat die plaas in Seisoen 2 en maak verruklike disse op ʼn nuwe, geheime plek buite Nantes.

Karen Zoid is ook weer op die kassie (of die slimfoon of tablet – afhangende van waar jy kyk) met ʼn nuwe reeks van haar supergewilde program Republiek van Zoid Afrika. Met elke episode gaan jy meer oortuig raak dat dié vrou eintlik die president van die moederland moet wees. Maar nou ja…

Terwyl Suid-Afrikaners ’n ander president soek, is daar ’n klomp nuwe boere wat liefde soek in Seisoen 9 van Boer soek ʼn vrou. Minki Joubert (voorheen Van der Westhuizen) neem die leisels by Nadia oor en reis die land se plaaspaaie plat om die boere te help in hul soeke na raakvatvroue.

As jy die soort persoon is wat meer belangstel in boere se hooibale as in hulle hartsake, maak seker dat jy die nuwe seisoen van Megaboere te sien kry. Die nuwe aanbieder van Megaboere, Bun Booyens, besoek groot boerderye reg oor Suid-Afrika om uit te vind wat die geheim van hulle sukses is en hoe hulle verseker dat hulle jaar na jaar vooruitboer, maak nie saak wat die uitdagings is nie.

Jy kan nuwe episodes van al hierdie splinternuwe programme op ShowMax sien binne 24 uur nadat dit in Suid-Afrika uitgesaai is. Dis kraakvars vermaak op die regte tyd en net die ding om jou te help ontspan en vergeet van die einde-van-die-jaar-gejaag.

Teken nou in op ShowMax om seker te maak dat jy nie een van jou gunstelingprogramme misloop nie – en maak ʼn daaglikse afspraak met jou gunstelinge. ShowMax kos slegs US$8,99 per maand en gee jou onbeperkte toegang tot duisende episodes heerlike Suid-Afrikaanse reekse, en wonderlike nuwe Afrikaanse flieks soos ’n Pawpaw vir my Darling. Jy kan ShowMax op verskeie toestelle kyk – van jou skootrekenaar tot jou slim TV, Apple TV, Google Chromecast, tablet en slimfoon. As Kersfees dan nou vroeg moet kom, laat dit minstens in die vorm wees van goeie en gerieflike vermaak – en nie blink, sneeubedekte oogsere nie.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest