Leesvordering:

Suid-Afrikaners en aanlyn-inkopies in die buiteland

Okt 7, 2016

Breytenbachs Advisory se konsultante word dikwels gevra waarvoor alles Excon-inwoners (wat onderworpe is aan valutabeheer of “Exchange Control”) hul kredietkaarte in die buiteland mag gebruik.

Hiermee die bygewerkte reëls (29 Julie 2016) soos verkry uit die SA Reserwebank (FinSurv) se handleidings wat in Omsendbrief 7 van 2016 uitgereik is.

Excon-inwoners (d.w.s. inwoners wat nie net op vakansie is nie) wat tydelik in die buiteland woon sonder om formeel te emigreer (al is dit met dubbele nasionaliteit), mag hul Suid-Afrikaanse debiet- en/of kredietkaarte gebruik binne die perke van die enkele diskresionêre vergunning (SDA) van R1 miljoen per volwassene per kalenderjaar.

Excon-individue wat in besit is van ‘n Suid-Afrikaanse krediet- en/of debietkaart wat aan hulle persoonlik uitgereik is, mag klein invoere oor die internet bestel en aanlyn daarvoor betaal met buitelandse valuta.

Kom ons verduidelik: Dit is hoofsaaklik vir invoere bedoel, maar vliegtuigkaartjies word ook toegelaat. Korporatiewe kredietkaarte mag nie gebruik word nie en die betaling moet in ‘n buitelandse geldeenheid wees; dit moet deur die instansie wat die kredietkaart uitgereik het in ZAR omskep word en mag op die dag van betaling nie meer as R50 000 wees nie.

Kaartbetalings aan buitelandse verskaffers word beperk tot R50 000 per transaksie, maar die goedere moet ingevoer word (na Suid-Afrika gestuur word). SA kaarthouers is nie kwytgeskeld van ad valorem-aksynsregte en doeaneregte of van die nakoming van die vereistes wat deur doeane gestel word nie. Net so is BTW ook betaalbaar op ingevoerde goedere.

Moenie eens daaraan dink om groter betalings vir groter invoere oor drie dae of twee weke te versprei nie; let op die SARB se reël dat GEEN transaksie van meer as R50 000 in verskeie betalings verdeel mag word om hierdie perk te omseil nie.

Aanlynreëls sluit ook ‘n totale verbod in op die gebruik van SA krediet- of debietkaarte vir Lotto of enige gelukspel buite SA.

Die Nasionale Dobbelwet (No. 7 van 2004), soos gewysig deur die Wysigingswet op Dobbelary (No. 10 van 2008), bepaal dat Excon-inwoners nie mag deelneem aan enige dobbelaktiwiteite wat nie in terme van die Wet op Loterye (No. 57 van 1997) gemagtig is nie.

SA Lotto kan aanlyn gespeel word deur gebruik te maak van enige Suid-Afrikaanse rekening. Die meeste banke het Lotto en PowerBall op hul platforms en as jy ouer as 18 is en jou betaling in dieselfde rekening ontvang, kan jy deur middel van aanlynbankdienste speel terwyl jy in die buiteland is.

Dit is dus belangrik om te verstaan dat SA Excon-inwoners volgens FinSurv-reëls nie hul krediet- en/of debietkaarte mag gebruik om betalings aan buitelandse platforms te maak nie. Die SARB het alle instansies wat American Express, Diners Club, MasterCard en Visakaarte uitreik streng opdrag gegee om nie sulke debiete teen Excon-inwoners se Suid-Afrikaanse rekeninge te aanvaar nie.

Direkte en indirekte betalings deur derde partye is by hierdie verbod op die fasilitering van betalings ingesluit.

Kontak Breytenbachs Advisory gerus by info@bcbadvisory.com vir meer inligting of advies oor die kwessie of besoek ons webtuiste by www.bcbadvisory.com.

Breytenbachs Advisory is ‘n spesialismaatskappy wat belasting en belastingverwante aangeleenthede hanteer namens uitgewekenes wat hulle in Suid-Afrika of die buiteland gevestig het. Ander kundighede sluit in die baie komplekse oorgrens-boedelbeplanning, formele valutabeheer, finansiële emigrasie en pensioenoordrag.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest