Leesvordering:

Geloof: Stukkies hemel op aarde (Deel 8)

Okt 28, 2016

Luister hoe word die Evangelie in die vroeg-Christelike gemeentes verwoord

Kom, kuier saam met my by gelowiges uit die vroeg-Christelike gemeentes!Luister na hoe verwoord hulle die Evangelie.

Daar in Hand. 10:36-43 word dit so beskryf: “Julle weet dat God aan Israel sy woord gestuur het, naamlik die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het. Hierdie Jesus is Here van almal.

Julle weet ook van die gebeurtenisse dwarsdeur die hele Joodse land. Dit het in Galilea begin ná die doop wat Johannes verkondig het.

Julle weet van Jesus van Nasaret, dat God Hom met die Heilige Gees gesalf en met krag toegerus het. Hy het rondgegaan, oral goeie werke gedoen en almal gesond gemaak wat in die mag van die duiwel was, want God was by Hom.

En ons is getuies van alles wat Hy in die Joodse land en in Jerusalem gedoen het. Hulle het Hom doodgemaak deur Hom aan die kruis te hang.

Maar God het Hom op die derde dag uit die dood opgewek en Hom laat verskyn, nie aan die hele volk nie, maar net aan ons vir wie God reeds gekies het om getuies daarvan te wees, ons wat ná sy opstanding uit die dood saam met Hom geëet en gedrink het.

Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies.

Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.”

Daar in Hand. 13:38 vat Paulus dit dan so saam: “Daarom, broers, moet julle goed weet dat wat aan julle verkondig word, die vergewing van sondes deur Hóm is, en dat elkeen wat glo, deur Hom vrygespreek word van alle sondes. Die wet van Moses kon julle nie vryspreek nie.”

Die Evangelie is…

Ek is besig om so hier en daar uit die boek, Handelinge, vir jou te wys hoe die hart van die Evangelieboodskap daar beskryf word.

Daar in Hand. 20 beskryf Paulus dit as “om hulle tot God te bekeer en in ons Here Jesus te glo.” (20:21).

In vers 24 en 25 word dit beskryf as “om die evangelie van God se genade te verkondig” en as “die koninkryk van God”.

Daar in Hand. 26 beskryf Paulus sy ontmoeting met Jesus so: “ ‘Wie is U, Here?’ vra ek toe. ‘Ek is Jesus,’ sê die Here. ‘Dit is vir My wat jy vervolg. Maar staan op, staan regop. Ek het aan jou verskyn om jou as my dienaar aan te stel. Jy moet getuie wees van wat jy van My gesien het en van wat Ek jou nog sal laat sien… Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’

… Ek het eers vir die mense in Damaskus en in Jerusalem en toe deur die hele Judea en daarna vir die heidennasies gepreek dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle bewys met dade wat by die bekering pas… Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring. Ek verkondig maar net waarvan die profete en Moses gepraat het: Die Christus moes ly en die eerste wees wat uit die dood opstaan. Daardeur sou Hy aan die Jode en aan die heidennasies die lig bring.”

1 Joh. 2:8 beskryf dit as “die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak”.

So klink die goeie nuus van die Bybelse Evangelieboodskap.

Dit laat ʼn mens sommer diep dink en wonder oor wat vandag deur soveel leraars as “evangelie” vir goedgelowige mense opgedis word!

 

Wil jy hoor hoe hulle ʼn gelowige beskryf het?

Ek het jou nou ʼn bietjie laat luister na hoe die vroeg-Christelike gemeentes die kernboodskap van die Evangelie verwoord het. Kom luister saam met my hoe hulle “gelowiges” beskryf.

Daar in Hand. 11 word hulle beskryf as mense wat die evangelieboodskap oor Jesus gehoor het en gekies het om dit te glo en toe gered is (vers 14).

In Hand. 2:36-39 word hulle beskryf as mense wat die Evangelie gehoor het, en hulle bekeer het. Wat maar net beteken dat hulle van hulle sonde bewus geword het en die goeie nuus van die Evangelie geglo het oor Jesus wat daarvoor gesterf het aan die kruis en hulle straf gedra het. Daarom is hulle daarna gedoop in water en gedoop met die Gees.

In Hand. 11, vers 15, word hulle daarom beskryf as mense wat, nadat hulle die boodskap oor Jesus geglo het, “met die Heilige Gees gedoop” is.

Hulle is mense wat “tot inkeer gebring” is “om aan hulle die lewe te gee” (vers 18).

In 1 Joh. 2:5 en 6 word hulle beskryf as mense wat doen wat God vir hulle aansê om te doen en dus “lewe soos Jesus gelewe het”.

Hulle doen dus “die wil van God” en het mense lief soos wat Jesus hulle liefgehad het. Daarom het hulle nie die dinge van die wêreld lief nie. (vers 15-17).

Daarom hou hierdie mense hulleself rein soos Jesus rein is. (1 Joh. 3:3).

As jy dan werklik ʼn kind van God is, doen jy nie meer aanhoudend sonde nie, omdat die Gees van God in jou bly. (1 Joh. 3:9)

Lees ook: Geloof: Nog ‘n slukkie nuwe wyn

Jy kan dr. Christo by 082 770 2397 skakel of ‘n e-pos aan hom stuur by nchristo@lantic.net. Besoek ook gerus sy bedieningswebtuiste deur op die skakel www.nuwewyn.co.za te klik.

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest