Leesvordering:

Burgerskapkwessies vir kinders van ouers met dubbele burgerskap

Jan 26, 2017

Die geboorte van kinders in die Verenigde Koninkryk van Suid-Afrikaanse ouers veroorsaak soms verwarring rakende die nasionaliteit van die kinders, aangesien ouers nie seker is of die kind outomaties Britse burgerskap ontvang en wat die kwessie gaan wees rakende die kind se Suid-Afrikaanse burgerskap nie. Daar is ook selfs meer verwarring in gevalle waar die ouers Britse burgerskap ontvang het, en intussen teruggetrek het na Suid-Afrika!

Die konsultante by Breytenbach’s Immigration het gevolglik ’n kort handleiding oor hierdie kwessies saamgestel. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat hierdie slegs breë riglyne is en dat dit die beste is om professionele advies vir jou unieke omstandighede in te win.

Suid-Afrikaanse ouers met dubbele burgerskap

Britse burgerskap vir die kind

Indien ’n baba gebore word wat Suid-Afrikaanse ouers het, en dié ouers beskik oor beide Britse en Suid-Afrikaanse burgerskap, sal sy/haar burgerskap bepaal word deur die plek waar hy/sy gebore is. Indien die kind in Brittanje gebore is (d.w.s. Brits via geboorte), sal hy/sy outomaties Brits wees, en die ouers kan eenvoudig om ’n Britse paspoort aansoek doen sodra die kind gebore is.

Indien die kind buite die VK gebore is (d.w.s. Brits via herkoms), sal die aansoek deur die Britse Hoëkommissariaat in die land waar die kind gebore is gedoen moet word.

Suid-Afrikaanse burgerskap

Indien die ouers van die kind oor dubbele burgerskap beskik, Suid-Afrikaanse en Britse burgerskap, sal die kind ook in staat wees om vir Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen. Die ouers sal die kind se geboorte by die Suid-Afrikaanse Hoëkommissariaat moet registreer indien die kind in die VK gebore is. Dít moet binne enkele dae ná geboorte gedoen word.

Indien die kind in Suid-Afrika gebore is, moet die ouers die geboorte eenvoudig by die departement van binnelandse sake registreer.

Indien jy aansoek om ’n VK-visum wil doen, waarom nie sommer ’n konsultasie by Breytenbach’s Immigration Consultants reël en ons toelaat om die las te help dra en jou met die aansoek by te staan nie? Ons bied ’n professionele, vriendelike en voorbeeldige diens wat jou gemoedsrus sal gee en sal verseker dat die aansoekproses glad en doeltreffend sal verloop. Kontak ons vandag by info@bic-immigration.com of besoek www.bic-immigration.com.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest