Leesvordering:

Vier die lewe van Diana, Prinses van Wallis

Jun 8, 2017

deur Ronel van Zyl

Ek het die Kensington Paleis op 25 Mei 2017 besoek om die nuwe rokuitstalling “Diana: Her Fashion Story – The definitive dress exhibition” te besigtig. Ek het al die rokke erken en dit het herbevestig wat ’n impak Prinses Diana selfs op my gemaak het – waar ek in daardie tyd in Suid-Afrika gebly het. Dit was asemrowend om hierdie rokke van nader te kon aanskou, maar dit was Diana wat hulle gedra het wat elke item so spesiaal gemaak het.

’n Uittreksel van die uitstaller se beskrywing: “Gaan die evolusie van die Prinses se styl na, van die stemmige, romantiese uitrustings van haar eerste openbare verskynings, tot die glansryke, elegansie en selfvertroue van haar latere lewe. Moenie ’n buitengewone versameling van uitrustings, insluitend Victor Edelstein se ikoniese fluweelaandrok, gedra by die Withuis toe die Prinses met John Travolta gedans het, misloop nie.”

“I don’t go by the rule book… I lead from the heart, not the head.” – Diana, Prinses van Wallis

Fotografie: Ronel van Zyl (Geen flitsfoto’s in die Paleis toegelaat nie.)
Besoek haar blog hier.

 

Meer oor die outeur

Ronel van Zyl

’n Passie vir die lewe Ek is ’n Britse Suid-Afrikaner wat in Londen woon en my passie vir Londen, Groot-Brittanje, my geboorteland Suid-Afrika, geleenthede en my reise deel. Ek is ’n vryskutfotograaf en het altyd my kamera by my. Ek glo ’n foto sê baie meer, daarom vang ek graag spesiale oomblikke in beeld vas. Lees Ronel se blog by https://ronelvanzyl.blogspot.com

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest