Leesvordering:

Afrikaans is lekker 2017

Jul 24, 2017

Afrikaans is Lekker 2017, is ‘n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat gehou word in Australië en Nieu-Seeland. Die Suid-Afrikaanse byeenkoms word aangebied deur South Afrivan events. Vanjaar se kunstenaar wat jou gaan vermaak in Afrikaans is: Refentse, Steve Hofmeyr, Emo Adams, Ricus Nel en Liza Bronner.

Besoek  http://www.southafricanevents.com/ om jou kaartjies te bespreek.

Kom kuier saam met die kunstenaars

Wil jy graag die kunstenaars van Afrikaans is Lekker ontmoet? Hier is die goeie nuus: Jy kan die kans wen om ’n aand lank heerlik saam met hulle te kuier. Al wat jy moet doen, is om by Wêreldwyd aan te sluit.

Sowel Wêreldwyd as ShowMax gaan elke maand een finalis elk trek uit mense wat vanuit Australië en Nieu-Seeland aansluit – een van elkeen van dié lande, wat beteken dat daar vier finaliste per maand sal wees. Dié finaliste ontvang ’n $50-koopbewys om by hul naaste Suid-Afrikaanse winkel te gaan spandeer. Die Mei-, Junie-, Julie- en Augustusfinaliste staan dan die kans om die groot prys te wen as SA Events dan twee wenners uit hierdie 16 finaliste trek: een wenner uit Australië en een uit Nieu-Seeland. In Australië kuier ons saam met die sterre op Maandag, 18 September in Adelaide. Die Nieu-Seelandse wenner kuier op Donderdag, 21 September saam in Auckland.

Alle onkostes word betaal, wat vlugte en verblyf insluit (waar van toepassing).

Om te wen, sluit by ShowMax aan en teken op Wêreldwyd in deur ’n e-pos na mailto:wereldwyd@afriforum.co.zate stuur. Moenie vergeet om aan te dui waar jy woon nie.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest