Leesvordering:

Wild & Wragtag: Nuwe seisoen

Jul 26, 2017

Wild & Wragtag bring die jagveld in jou woonkamer in – of waar dit ook al is waar jy graag jou gunstelingprogramme sit en kyk. Dié reeks kyk na die sinergie tussen bewaring, wildboerdery en jag.

Deur die loop van hierdie seisoen gaan die span ook skietdae besoek en jou leer om die perfekte skoot op die jagveld af te vuur. Verder is daar ook gereelde verskynings deur Jokl le Roux, die slimjan van die veld wat alles weet van wilde diere se interessante eienskappe en gewoontes.

Jy sal onder andere uitvind dat ’n krokodil op land ook kan jag, wat ’n jagluiperd te doen het met soldate wat in Indië diens gedoen het, en waarom die bobbejaan een van die slimste diere op die planeet is.

Daar is ook ontmoetings met interessante figure in die wildbedryf, soos Oom Dries Visser van Pure Bred Game, wat bekend is vir hulle rasegte, suiwer Zambiese swartmasker swartwitpense, en die Mortons wat op Tembani boer. Op Wild & Wragtag sal jy ook die storie leer ken van INALA, die buffelbul wat die hoogste prys ooit vir enige dier op ’n veiling behaal het, teen R168 miljoen.

In een episode gaan vind die span uit hoe daar tans in die Wes-Kaap met kwaggas geteel word, meer as 200 jaar nadat hierdie spesie uitgesterf het, en daar word besoek afgelê by ’n wildveiling, sodat kykers kan sien presies hoe dié geleenthede werk.

Daar word saam met allerlei mense gejag, van junior jagters tot dames wat die geweer opneem, korporatiewe jagtogte waar kollegas saam spanbou, en boogjagters wys ook hoe dit gedoen word in verskillende terreine.

As jy meer oor die wild- en jagbedryf wil leer, is Wild & Wragtag net die program vir jou. Daar’s elke week ’n nuwe episode, net op ShowMax, so teken in om deel te wees van die aksie.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest