Leesvordering:

Drakoniese wetgewing oor landbougrondbesit moet gestuit word

Apr 4, 2017

AfriSake sal die Konstitusionele Hof nader indien die Wetsontwerp op die Regulering van Landbougrondbesit deur die parlement goedgekeur word.

Dié sakeregte-waghond het vandag in Centurion aangekondig dat hy ’n voorlegging teen die beoogde Wetsontwerp ingedien het nadat ’n omvattende regsopinie verkry is.

Charles Castle, bestuurder by AfriSake, meen die Wetsontwerp sal in sy huidige formaat nie ’n grondwettoets deurstaan nie.

“Die Wetsontwerp sal nie net ekonomiese chaos tot gevolg hê nie, maar ook voedselsekerheid in die land bedreig. Die eiendomsreg van alle grondeienaars – ongeag ras – sal beïnvloed word in terme van die plafonkategorieë wat Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, mag vasstel.

Volgens Castle is daar talle gebreke in die Wetsontwerp en kan die interpretasie daarvan die deur vir growwe ongeregtighede oop laat. “Die onlangse uitsprake deur politici dui daarop dat daar geen dispuut meer oor onteiening is nie. Dit gaan gebeur en die kwessie is nou eerder wanneer en of dit met of sonder vergoeding gaan gebeur.”

Adv. Johan Hamman, ’n spesialis en kenner in eiendomsreg, sê die bepalings van die Wetsontwerp is drakonies en gaan ’n geweldige las én beperking op grondeienaars plaas. Ingevolge die voorgestelde Wetsontwerp sal eienaars ná die aanvaarding van die Wet verplig wees om allerlei inligting soos hul ras, aan wie die grond behoort, die grootte van die grond en bykomende inligting oor serwitute en mynregte aan die minister te verklaar.

Hamman verduidelik dat die Wetsontwerp dit vir wit mense in die toekoms feitlik onmoontlik sal maak om grond te koop, besit daarvan uit te brei of saam met buitelanders grond te besit. Boonop is daar ook bepalings wat teen Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, diskrimineer. Daar is ook ingrypende voorstelle rondom grondplafonne wat later vasgestel kan word sowel as voorskrifte oor wie eerste reg het op die koop van grond wat beskikbaar raak.

Dawie Roodt, ekonoom van die Efficient Groep, meen die ANC-regering is ideologies verward en talle teenstrydige boodskappe word rondom grond gemaak. “Die kommunistiese ideologie is vir persoonlike belang gekaap en dit lyk of ons op pad na ’n diktatuur is.”

Roodt sê grondeienaars sal ingrypend en baie vinnig anders oor grond en plase moet begin dink. Die tradisionele benadering is uitgedien en plase sal in die toekoms nie meer net aan individue kan behoort nie, maar in maatskappy-besit wees.

Sy voorstel is dat boere, oftewel grondeienaars, moet dink hoe hulle hulself in die toekoms gaan beskerm. “Dit is van kardinale belang dat grondeienaars bepaalde vaardighede moet hê, dat hulle hul risiko’s moet verminder en hul portefeuljes, ook in die buiteland, moet diversifiseer. Boere wat dit regkry om suksesvol in Suid-Afrika te boer, sal dit op enige ander plek in die wêreld ook regkry. Dit is belangrik dat hulle moet dink en aanpas om ook in die toekoms suksesvol te wees.”

Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake, sê vier stappe word voorgestel om te verseker dat grondeienaars oor ’n meer standvastige reg op privaat eiendom beskik. Dit sluit in:

  1. Wees vertroud met voorgestelde wetgewing, beleide en wysigings aan wetgewing, en maak seker dat jy kommentaar lewer waar en wanneer nodig. Neem deel aan die demokratiese prosesse van die Republiek van Suid-Afrika.
  2. Diversifiseer jou ware regte oor jou eiendom binne die grense van bestaande wetgewing. Win regs- en finansiële raad in dié opsig in.
  3. Word deel van jou plaaslike gemeenskapstrukture en organisasies soos AfriSake of soortgelyke organisasies. ’n Gesamentlike, verenigde front is veel sterker as individuele pogings.
  4. Ondersteun en neem deel aan aksies wat gedryf word deur organisasies wat die grondwetlikheid van onregverdige en diskriminerende wetsontwerpe soos dié toets.

AfriSake moedig die publiek aan om sou gou moontlik kommentaar aan die minister by ralhbill@drdlr.gov.za of sello.ramasala@drdlr.gov.za te stuur, of kommentaar per hand by Jeff Masemolastraat 184, Pretoria af te lewer. Die openbare deelnameproses sluit op 16 April 2017. Vir gerief het AfriSake reeds ’n brief voorberei waarby die publiek bloot hul naam kan voeg en aan die minister kan stuur. Dié brief en die bygaande kommentaar is op AfriSake se webtuiste by http://www.afrisake.co.za/ beskikbaar of deur die direkte skakel http://afrisake.co.za/does-white-landowners-also-have-rights/ te volg.

Hulle kan ook die #StopNkwinti-veldtog ondersteun deur ’n SMS met “Land” na 32277 te stuur om te help veg teen onwettige onteiening van grond. Elke SMS kos R1.

Hierdie artikel het oorspronklik in Forum Nuus verskyn.
Geskryf deur Alet Rademeyer.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest