Leesvordering:

Carte Blanche nou op SHOWMAX

Aug 10, 2017

Showmax-kliënte oorsee* kan nou die heel nuutste episodes van Carte Blanche kyk binne 48 uur ná dit op M-Net uitgesaai is.

Ons onderbreek dié uitsending om brekende nuus oor te dra: Carte Blanche is van vanaf Dinsdag, 8 Augustus af vir Showmax-kliënte oorsee* beskikbaar, met ’n 90 minute-episode oor een van Suid-Afrika se talentvolste uitvoerprodukte: Trevor Noah.

Devi reis na Trevor se nuwe tuiste, New York-stad, om ’n onderhoud met hom op die stel van The Daily Show te voer voor sy komende komedietoer deur Suid-Afrika volgende week. Kyk nou »

In die toekoms sal nuwe episodes van Carte Blanche op Dinsdae op Showmax uitgesaai word, direk van Suid-Afrika binne 48 uur ná dit deur M-Net uitgesaai is. Dit beteken dat jy as oorsese* Showmax-kliënt nou op hoogte kan bly met al die politiese, skandalige, opbouende en interessante stories uit Suid-Afrika.

Kry Showmax nou »

*Let wel: Carte Blanche is slegs beskikbaar aan internasionale Showmax-intekenaars in Andorra, Oostenryk, België, Kanada, Denemarke, Finland, Frankryk, Duitsland, Griekeland, Ysland, Indonesië, Ierland, Italië, Liechtenstein, Luxembourg, Malta, Monaco, Nederland, Nieu Seeland, Noorweë, Portugal, San Marino, Spanje, Swede, Switserland, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State. Nie alle titels is in alle gebiede beskikbaar nie. Showmax bied jou die beste Suid-Afrikaanse reekse en flieks – van die klassieke tot die nuutste vrystellings, van volledige reekse tot kindergunstelinge.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest