Leesvordering:

AfriVriendelik Entrepreneur van die Jaar

Aug 17, 2017

Is jy ’n entrepreneur? Besit jy ’n onderneming waarop jy trots is? Die enigste vereiste vir dié kompetisie is dat jy jou onderneming reeds vir ’n jaar lank bedryf en jou kliënte in Afrikaans kan bedien

Inskrywings open op 20 Julie 2017 en sluit op 5 Oktober 2017. Die publiek kan tussen 10 en 20 Oktober 2017 vir die top 10-ondernemings stem. ’n Uitgesoekte paneel beoordeel die top 10, en die wenner word op 1 November 2017 aangekondig.

Die wenner sal die volgende pryse ontvang:

    • ’n Video (advertensie) vir die onderneming se persoonlike verspreiding op sosiale media, geborg deur Forum Films;
    • ’n Webtuiste (splinternuut óf ’n opgradering van huidige webwerf) en gratis dra van jou webtuiste (web hosting) vir een jaar;
    • ’n Mentorsessie met die manne van Buffelsfontein;
    • Hulp met die skep van sosiale en aanlynteenwoordigheid (handelsmerk en dies meer, indien onderneming dit verkies);
    • ’n Apple MacBook Air;
    • ’n Artikel in Forum Tydskrif (meer as 150 000 kopieë word versprei); en
    • Sosialemediadekking (Afrikaans-Vriendelik & AfriForum).
Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest