Leesvordering:

Nuwe Film: TROUVOETE

Aug 25, 2017

Trouvoete is ‘n romantiese komedie deur bekroonde regisseur Darryll Roodt, wat bekend is vir flieks soos Yesterday en Sarafina. Die fliek gaan oor ‘n mediese dokter, Louis van Est, wat baie weet van die menslike liggaam, maar effe minder kennis dra van hoe die hart werk as dit by romanse kom. Saans na werk ontsnap hy op die internet van sy saai bestaan, en dis hier waar hy iemand ontmoet wat hom met haar aanlyn-persona, “Natgrassterrekyker”, inspireer en uitdaag.

Terselfdetyd ontmoet kykers vir Ella Gouws, ‘n ongekompliseerde vrou wat een maal te veel seergekry het, en nou haar hart probeer bewaar deur niemand na aan haar toe te laat nie. Dis nou buiten die geheimsinnige man met wie sy op die internet gesels, en met wie sy haar gedagtes en drome deel.

Bouwer Bosch en Erica Wessels speel die hoofrolle, en ander bekendes wat gesig wys is Lika Berning, Lizz Meiring, Marlee van der Merwe, Paul du Toit, Richard van der Westhuizen, Rika Sennett en Stefan Ludik. As jy nog nie op Showmax ingeteken is nie, gee jouself sommer ‘n baie vroeë Kersgeskenk: toegang tot duisende ure se kwaliteit vermaak, van romantiese komedies soos Trouvoete tot dramas, reekse en sepies.

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest