Leesvordering:

NUWE FILM: NOEM MY SKOLLIE

Sep 1, 2017

Noem my Skollie was nie sommer verniet vanjaar Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars nie: Hierdie wêreldklas fliek vertel ’n storie wat jou aan die hart ruk deur ongelooflike kinematografie, uitstekende spel en besonderse regie. En boonop is dit gebaseer op ’n ware verhaal, dié van draaiboekskrywer John Fredericks se stryd om oorlewing binne én buite die wêreld van gewelddadige bendes.

Die fliek fokus op AB en sy vriende wat in die 1960’s op die Kaapse Vlakte grootword. Dann-Jacques Mouton blink uit as die ouer AB, wat saam met sy vriend Gimba in die tronk beland en sy gawe vir stories-vertel gebruik om homself te beskerm en om uit die bendes te bly.

Die res van die rolverdeling is ewe indrukwekkend: Gantane Kusch, Christian Bennett, Gershwin Mias, Abduraghmaan Adams, Oscar Petersen, Tarryn Wyngaard, Peter Butler, Irshaad Ally, Charlton George, Lee-Ann van Rooy, Jill Levenberg en Sandi Schultz is almal in die fliek te sien, en daar is selfs ’n verskyning deur die Afrikaanse kletsrymer Hemelbesem. Noem my Skollie skram nie weg van moeilike temas en uitdagende materiaal nie, maar dit bly enduit ’n vermaaklike en diep menslike storie. Maak seker jy’t ’n boks snesies byderhand wanneer jy dié fliek op Showmax kyk!

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest